Openbare Redevoerders presteer by ATKV

Vier Affies het Vrydag die woord by die finale ronde van die ATKV-redenaarskompetisie by Goudini Spa gevoer, naamlik Alexander Coetzer Kristensen, Wikus Borman, Mpumi Rakhudu en Chris Chabangu.

Baie geluk aan Mpumi en Chris wat onderskeidelik as die wenner en naaswenner van die voorbereide afdeling vir Afrikaans Addisionele Taal aangewys is.

Drie van Affies se ses debatspanne het gisteraand podiumplekke by die finaal van die ATKV-kompetisie by Goudini Spa behaal.

In die junior afdeling was die span van Werner Victor, Paul-Ralph Smit en Alexander Coetzer Kristensen die naaswenners. In die senior afdeling was Wian van Rooyen en Ignus Ferreira die naaswenners en Jacques Ferreira en Neil Grobbelaar derde.