Il Vento-kompetisie
SLEGS AANLYNAANSOEKE WORD AANVAAR:
VEREISTES EN PROGRAM
Die IL Vento-kompetisie is vir jong skoolgaande musikante van 18 jaar en jonger wat orkesinstrumente bespeel.
KATEGORIEË
Junior kategorie: 15 jaar en jonger
Senior kategorie: 16 tot 18 jaar
RONDTES
Die rondtes word soos volg saamgestel:
EERSTE RONDTE
- Een Barok of Klassieke werk
- Een Romantiese of Moderne werk
TWEEDE RONDTE
- Een onbegeleide werk
- Een werk van eie keuse
Let wel:
Die vier werke vir die eerste twee rondtes moet uit DRIE verskillende styltydperke wees.
DERDE RONDTE
- Drie kontrasterende werke: Twee uit vorige rondtes en een werk wat nie in die vorige rondtes aangebied is nie.
VIERDE RONDTE
- ‘n Program van twee kontrasterende werke uit verskillende styltydperke uit die vorige rondtes.
TYDSDUUR VAN RONDTES
JUNIOR
- Eerste en tweede rondte: Maksimum 15 minute
- Derde en vierde rondte: Maksimum 20 minute
SENIOR
- Eerste en tweede rondte: Maksimum 20 minute
- Derde en vierde rondte: Maksimum 25 minute
INSKRYWINGS EN OUDISIES
- Oudisies word gedoen in die vorm van ‘n lewendige opname wat op YouTube gelaai moet word. Twee kontrasterende werke wat deel vorm van die kompetisieprogram moet ingesluit word.
- Sluitingsdatum vir inskrywings: 29 Julie 2022 – slegs volledig voltooide elektroniese inskrywings (google-vorm) word aanvaar.
- Die inskrywingsfooi is R350 per deelnemer.
- Geen inskrywingsfooi is terugbetaalbaar nie.
- Die inskrywingsfooi is betaalbaar aan:
Afrikaanse Hoër Seunskool
Bank: ABSA
Rekeningnommer: 2140 140 255 (tjekrekening)
Takkode: 632005
Verwysingsnommer: 006 plus kandidaat se voorletters en van
- ‘n Kop-en-skouerfoto (300 dpi, 1 Mb) en bewys van betaling word saam met die inskrywingsvorm gestuur aan arnold.cloete@affies.co.za.
- Suksesvolle kandidate sal voor of op 26 Augustus 2022 per e-pos in kennis gestel word.
KOMPETISIEREËLS
‘n Maksimum van 46 deelnemers word gekies.
- Die volgende instrumente kan inskryf:
- Blaasinstrumente: fluit, hobo, piccolo, fagot, klarinet, saksofoon, trompet, Franse horing, tromboon, eufonium en tuba
- Strykers: viool, altviool, tjello en kontrabas
- Die beoordelaarspaneel bestaan uit drie persone.
- Alle deelnemers sal deurlopend volgens die standaard en musikaliteit van hul spel beoordeel word. Punte akkumuleer vanaf die eerste rondte
- Die beoordelaars se beslissing is finaal.
- Pryse word slegs toegeken indien die beoordelaars van mening is dat die standaard hoog genoeg is.
- Pryse kan slegs aan ‘n deelnemer toegeken word, indien die deelnemer tot in die derde rondte gevorder het.
- Die kompetisie vind oor vier rondtes plaas. Alle deelnemers kompeteer in die eerste twee rondtes, waarna die semi-finaliste aangekondig word.
- ‘n Maksimum van ses semi-finaliste per afdeling sal aangekondig word direk na die tweede rondte en twaalf finaliste (drie per kategorie) direk na die derde rondte.
- Alle herhalingstekens mag geïgnoreer word, behalwe by Da Capo’s en in die geval van minuette en trio’
- Die tydsduur mag nie oorskry word nie.
- Deelnemers aan die kompetisie kan met slegs een instrument
- Die junior en senior kategorie word bepaal deur die ouderdom van die leerder op die aanvangsdatum van die kompetisie, d.w.s. 28 September 2022.
- Slegs skoolgaande Suid-Afrikaanse burgers en permanente inwoners mag deelneem.
- Die organiseerders behou die reg voor om ‘n afdeling te kanselleer indien daar nie ‘n minimum van ses kandidate vir die afdeling ingeskryf het nie.
- Die finale rondte vind plaas op Saterdag 1 Oktober 2022.
- Indien klavierbegeleiding benodig word, kan die volgende persone geskakel word:
Jannie le Roux (082 222 9234) Betsie Schaap (082 774 9376)
Annalien Ball (082 820 4221) Susan Swanepoel (083 252 0983)
PRYSE
KATAGORIEWENNERS
Beste Senior Blaasinstrument R3 000
Beste Senior Strykinstrument R3 000
Beste Junior Blaasinstrument R3 000
Beste Junior Strykinstrument R3 000
Senior Blaasinstrument 2de plek R2 000
Senior Strykinstrument 2de plek R2 000
Junior Blaasinstrument 2de plek R2 000
Junior Strykinstrument 2de plek R2 000
Senior Blaasinstrument 3de plek R1 000
Senior Strykinstrument 3de plek R1 000
Junior Blaasinstrument 3de plek R1 000
Junior Strykinstrument 3de plek R1 000
ANDER PRYSE
Beste Uitvoering van ‘n Onbegeleide werk R2 000
Beste Uitvoering van ‘n Romantiese werk R2 000
Beste Uitvoering van ‘n Suid Afrikaanse werk R2 000
KOMPETISIEWENNERS
Algehele Senior wenner R7 000
Solo-optrede by Aardklop Aubade in 2023
Algehele Junior Wenner R4 000
NAVRAE
Arnold Cloete by 082 898 2748
E-pos: arnold.cloete@affies.co.za
Afrikaanse Hoër Seunskool: (012) 344 3805/6/7