Algemeen

Matriekuitslae, 2020

Die 277 matrieks van 2020 het uitsonderlik presteer. 94.9% van die matriekgroep slaag met universiteitstoelating. Die groep behaal saam 557 A-simbole, waarvan 122 A+ (>90%) is.

Die gemiddeld, alle vakke en leerlinge ingereken, was 70%.

Die 2020-matrikulant wat die meeste onderskeidings ingeryg het, is Ian Mc Donald met 9 A’s.

Baie geluk aan Affies se drie toppresteerders (hoogste gemiddeldes): Edmund du Plessis (94,3%), Christiaan Swanepoel (93,6%) en Adriaan van Wyk (91,4%).

Ian Mc Donald
Edmund du Plessis
Christiaan Swanepoel
Adriaan van Wyk

Die volgende kandidate het agt onderskeidings verwerf:

Edmund du Plessis
AD Kotzé
Waldo Pienaar
NJ Pretorius
Johann Roode
Christiaan Swanepoel
Nicolaas van der Merwe
Adriaan van Wyk

Sewe onderskeidings:

Werner Ahrens
Schalk Burger
Dewald Classen
Albert du Plessis
Adriaan du Toit
Johann Fourie
Luard Griesel
Steffan Henning
Dirk Herbst
Wikus Moolman
Jacques Pienaar
Drikus Robbertse
Henri van der Westhuizen
Ryno van Rensburg

Ses onderskeidings:

Wernus Barnard
Hein Boonstra
Reuben Coetzer
Myer du Preez
Tian du Rand
Johan Ferreira
Armand Knoetze
Nico Muller
Corné Nel
Müller Pretorius
Ruan Rossouw
Lleyton Troskie
Jan-Tian van der Kooi
Zander van der Merwe
Luhan van Heerden
Christoff Viljoen

Harry van Tonder oorlede

Ons betuig ons innige simpatie met die ouers, broer, familie en vriende van Harry van Tonder (graad 10) wat deur die loop van die nag van 11 November in sy slaap oorlede is. Harry was ‘n ernstige epilepsielyer. Affies onthou hom met mooi herinneringe. Hy was as kontrabasspeler ‘n gewaardeerde lid van die Affie-orkeste.

Hoofleiers, 2021

Die Affieraad het die afgelope naweek by die skool vergader eerder as om soos gebruiklik te gaan kamp. By hierdie geleentheid is die hoofseuns vir 2021 verkies. Baie geluk aan die volgende seuns:

Affieraad, 2021

Die nuwe Affieraad vir 2021 is op 7 Oktober met ‘n lewendige uitsending vanuit die hoof se kantoor aangekondig. Baie geluk aan hierdie seuns.

Departementele aanstellings

‘n Woord van gelukwensing aan me. Yvonne Bredell en mnr. Schalk Wessels wat deur die onderwysdepartement in bevorderingsposte aangestel is – me. Bredell as hoof van die Departement Engels en mnr. Schalk Wessels as adjunkhoof.

Me. Yvonne Bredell het haar Affie-debuut as Engels-onderwyser in 2001 gemaak en het sedert 2008 die leiding as vakhoof geneem. Wat voogwerk betref, het sy as fasehoof opgetree. Op buitemuurse terrein is sy nou betrokke by vakverwante aktiwiteite, openbare redevoering en debat. Sy het ook vir baie jare as die skool se tafeltennisvoog diens gelewer. Verder het sy in die skool se beheerliggaam gedien.

Mnr. Schalk Wessels het in 2003 aan Affies matrikuleer, waarna hy ‘n regskwalifikasie verwerf het en etlike jare in dié veld gewerk het. Nadat hy hom as onderwyser bekwaam het, is hy in 2012 by sy alma mater vir Engels en Lewensoriëntering aangestel. Van 2017 af het hy as vakhoof vir Lewenoriëntering opgetree. Wat voogwerk betref, het hy as graadvoog, fasevoog en hoof van dissipline diens gelewer en is verder as voog by die Affieraad betrokke. By die koshuis is hy vir Huis Pannevis verantwoordelik. Mnr. Wessels dien ook in die skool se beheerliggaam. Op die sportveld lewer hy ‘n bydrae as rugby-, atletiek- en krieketafrigter.