Algemeen

Hoofleiers, 2022

Baie geluk aan die hoofleiers vir 2022.

Baie sterkte vir julle ampstermyn.

Affieraad vir 2022 bekend gemaak

Baie geluk aan hierdie seuns wat tot die Affieraad van 2022 verkies is:

Graad 11/12:

Graad 10/11:

Graad 9/10:

Graad 8/9:

Nicolaas Janse van Rensburg word Bok

‘n Hartlike woord van gelukwensing aan Nicolaas Janse van Rensburg wat Saterdag sy debuut in die groen en goud gemaak het.

Hiermee word hy Affies se elfde Springbokrugbyspeler.
Baie dankie aan Affie-ouer, Gordon Arons, vir die foto’s van Janse in aksie.

Lees gerus Johan Snyman, Affies se rugbynavorser, se plasing oor Nicolaas se loopbaan by die volgende skakel: 

Nuusbrief, 11 Augustus 2021

RAPPORTE EN OUERAANDE

U seun se rapport word Vrydag (13 Augustus) elektronies aan u gestuur. Let asseblief daarop dat die rapport slegs die afgelope mini-eksamen se punte bevat.

As gevolg van die Covid-regulasies is ons genoodsaak om vanjaar virtuele oueraande op Woensdag 18 en Donderdag 19 Augustus te hou. U moet asseblief vooraf vir die genoemde datums self ‘n afspraak tussen 17:00 en 20:00 met u seun se vakpersoneel maak. ‘n Aparte brief met die spesifieke instruksies sal gestuur word.

Ons doen ‘n dringende, dog vriendelike, beroep op alle ouers om u seun se rapport met hom te bespreek en om enige probleme met sy vakpersoneel op te neem. Die graadvoogde is ook beskikbaar om u by te staan.

 

BUITEMUURSE AKTIWITEITE

Volgens die nuutste Staatskoerant mag alle skoolaktiwiteite binne die voorgeskrewe protokol hervat. Toeskouers word ongelukkig steeds nie toegelaat nie. Seuns moet asseblief met hul afrigters kontak maak oor hul oefentye en wedstryde. Ons het drie interskole wintersportbepalings teen Jeppe (21 Augustus), KES (28 Augustus) en PBHS (4 September). Alhoewel al drie dae tuisbepalings is, sal sekere spanne, as gevolg van die beperking op getalle, op ons opponente se velde moet speel. Daar is heelwat ander wedstryde vir hokkie en ander sportsoorte wat tussendeur geskeduleer is.

Die vier skole wat by die interskole betrokke is, het ooreengekom dat die A- tot D-rugbyspanne by die o/14’s, o/15’s en o/16’s sal speel. By die seniors word daar beplan vir rugbyspanne 1 tot 6. In hierdie stadium is daar wedstryde vir alle hokkiespanne.

Aangeheg by hierdie skrywe is ‘n memorandum waarop die meeste openbare seunskole in Gauteng gesamentlik ooreengekom het. Dit handel hoofsaaklik oor die wyse waarop ons terugkeer na sport en lê veral klem op die feit dat daar steeds geen toeskouers mag wees nie en dat ouers vriendelik versoek word om nie langs skoolheinings saam te drom in ‘n poging om die wedstryde te kyk nie. Sover moontlik sal alle hokkie- en rugbywedstryde via stromingsdienste uitgesaai word. Vergewis uself asseblief van die inhoud en by voorbaat dankie vir u ondersteuning in dié verband.

Nuwe Beheerliggaam verkies

Baie dankie aan almal wat hul stem vir die nuwe beheerliggaam uitgebring het. Ons het baie groot waardering vir u belangstelling en ondersteuning.

‘n Hartlike woord van gelukwensing aan die volgende ouers wat tot die beheerliggaam verkies is:

Mnr. Marno Boshoff
Mnr. Schalk Bruwer
Mnr. Jacques de Beer
Mnr. Marius Jooste
Dr. Henry Kelbrick
Mnr. Deon Koegelenberg
Me. Isabel Nel
Mnr. Jan-Lodewyk Pretorius
Mnr. Ettienne Strydom

Die personeelverteenwoordigers is:

Mnr. Peregrine Joynt
Me. Gerda Kleynhans
Me. Elmarie van Loggerenberg
Mnr. Schalk Wessels
Me. Louisa Koen (nie-doserend)

Ons wens die nuwe lede sterkte toe en sien met groot vertroue uit na die bydrae wat hulle sal lewer.