Algemeen

Affie-gholfdag

Op 10 November 2021 bied die skool sy jaarlikse gholfdag by die Woodhill Buiteklub aan.

Daar is ‘n haelgeweerbegin om 11:00. Die kompetisieformaat is Beterbal “Stableford”.

Inskrywingsfooie en borgskappe

4-bal-inskrywing                              R5 500 (sluit twee gholfkarretjies in)

Borg van ‘n putjie                            R2 000 – 5 000 (slegs putjie en sluit nie ‘n 4-bal in nie)

Oefensetperk x 2                            R7 000 elk

Registrasie-area en-tafel               R5 000

Hoofborg                                          R30 000 (sluit ‘n 4-bal in)

Funksieborg                                     R30 000 (sluit ‘n 4-bal in)

Halfweghuisborg                             R15 000 (sluit ‘n 4-bal in)

Gholfhanddoeke                             R15 000

Versekering vir ‘Hole in one’         Moet bevestig word

Skenkings/donasies:                      

Koopbewyse, kruiwaens en wyn/drank vir kruiwa, pakette vir jag, naweke en  gholf, veilingsitems, vleisskenkings, kortgatpryse, langstebofhoupryse, prystrekkingpryse, ens.

Funksiedrag:  Op die plaas (Khaki-broek en wit hemp)

Kontakbesonderhede van organiseerders

Estelle Matthee                      083 321 4714             estelle.matthee@affies.co.za

Edmund Taljard                      072 7241 072             alumni@oudaffiebond.co.za

Cobus Coetzee                      079 515 1119             cobus.coetzee@affies.co.za

Des Jurgens                           082 447 6667             des@leohaese.co.za

Affie-gholfdag Read More »

Nuwe bouprojekte vir 2022

Ten einde Affies  se onderrigfasiliteite vérder te verbeter, neem bouwerk aan 14 nuwe klaskamers in 2022 ‘n aanvang.  

Die nuwe gebou word op die oostelike wal van die B- en C-rugbyveld opgerig en vervang die vyf tydelike klasse wat in die jare negentig noodgedwonge opgerig moes word, nadat die skool se oorskakeling na Model C ‘n ongekende groei in leerlingtal tot gevolg gehad het.

Die argitek, Engela White , ‘n Affie-ouer, het haar inspirasie hoofsaaklik geput uit elemente van die Joubert-huis  waarin die Afrikaanse Hoërskool, die moederskool van die Afrikaanse Hoër Seunskool en die Afrikaanse Hoër Meisieskool, in 1920 die lig gesien het.

Nuwe bouprojekte vir 2022 Read More »