Nuwe geboue ingewy

Die 2022-bouprojek is op 26 Januarie formeel afgesluit met die inwyding van die nuwe anneks van die ingangsportaal en 1920 (kafeteria) op die vooraand van die skool se verjaarsdag.

By hierdie funksie het die hoof, mnr. Peregrine Joynt, donateurs en betrokkenes by die bouprojek bedank.

Die voormalige skoolhoof, dr. Pierre Edwards, en sy eggenote, me. Aryna Edwards het die gedenksteen van die nuwe anneks onthul. Die projek om ‘n toevoeging tot die skool se kafeteria en rekenaarlaboratoria te bou is reeds onder sy hoofskap beplan, maar kon eers in 2022 die lig sien.

Die nuwe klasse wat oor die sportvelde uitkyk is ook met die knip van ‘n rooi lint deur die skool se Adjunkhoof van Akademie, me. Elmarie van Loggerenberg, ingewy.

Daar is ook ‘n pragtige boekie saamgestel wat agtergrond oor die skool se bou-geskiedenis aan die gaste gegee het.