Matriekuitslae, 2022

‘n Hartlike woord van gelukwensing aan die matrieks van 2022 en hulle onderwysers met die voortreflike uitslae.

Die groep van 235 kandidate het ‘n 100%-slaagsyfer behaal. 92,3% (217) het universiteitstoelating verwerf en die ander 18 kandidate kwalifiseer vir diplomastudies.

Die Affie-kandidate het saam 478 A-simbole behaal – dus twee per kandidaat. Die gemiddelde persentasie per kandidaat (alle leerlinge en alle vakke ingesluit) is 70,5%.

Affies se kandidaat wat die meeste onderskeidings behaal het, is Carel Olivier met nege A’s. Ses 2022-matrieks het met agt onderskeidings geslaag. Hulle is Joshuan du Toit, Mikael Köhler, Markus Nel, Marx Nel, Gerno Strydom en Ryan Sutherland.

Daar was 12 kandidate wat met sewe onderskeidings geslaag het en 13 met ses.

Sewe Onderskeidings

Wernich Barkhuizen
Waldo Brewis
Gordon de Beer
Adrian Fourie 
Morné Greyling 
Heinrich Immelman 
Gustav Maritz 
Luan Pretorius 
Ethan Schlebusch 
Nicus van Heerden 
Hein van Rooy 
Mikael Wiese

Ses Onderskeidings

Marco Arndt
Luke Dreyer  
Kieron du Plessis
Dian du Toit
Dewet Groenewald  
Stéhan Heymans  
Xander Leeb  
Ulrich van der Merwe  
Simon van der Merwe  
Adriaan van Niekerk
Sebastian van Schoor
Gerhard van Wyk
Ben van Zyl