Oud-Affiebond

Affie drumline.

Die Affie-drumline onder die leiding van me. Ronel du Plessis, perkussie-onderwyser, het die seuns by vanoggend se byeenkoms op die A-veldpawiljoen op drie werke trakteer. Die groep bestaan uit Mikael Wiese (gr. 11), Nikkie Lindholm (gr. 11), Ruben Janse van Rensburg (gr. 10), Ben van Zyl (gr. 11) en Rowan Egen (gr. 9).

Affie drumline. Read More »

Oud-Affies en die Eeufees van 2020

EEUFEES IN 2020

Funksies en byeenkomste

Daar word verskeie funksies en byeenkomste vir 2020 beplan waarby oud-Affies kan inskakel om die skool se 100ste verjaarsdag saam met ons te vier.
Volledige inligting sal weldra oor die volgende geleenthede gegee word:

• Feesoptog en geselligheid
Op Dinsdag 28 Januarie is oud-Affies welkom ons saam met die personeel en leerlinge van AHS en AHMP van die stadsaal af na die skole terug te stap. Na afloop van die feesredes op die parkeerterrein voor die stadsaal, stap die teenwoordiges voor die Piet Joubert-gebou verby. Die Joubert-gebou is op die erf opgerig waar die woonhuis wat die eerste setel van die Afrikaanse Hoërskool in 1920 was, eens gestaan het.
Ná die optog word daar ‘n geselligheid vir die oud-Affies aangebied.
• Gesamentlike konsert van Afrikaanse Hoër Seunskool en Afrikaanse Hoër Meisieskool
Op Saterdag 23 Mei bied AHS en AHMP ‘n gesamentlike program in die ouditorium van die Moreletapark-gemeente aan, wat werke vir massa-orkes en -koor sal insluit. Daar is op hierdie gehoorsaal besluit, omdat dit sitplek vir 7 000 mense bied.
• Dinee vir oud-Affies
Op Saterdag 6 Junie word ‘n feesdinee vir 300 oud-leerlinge in die Potgietersaal by Affies gereël. (R450 per persoon)
• Affie-wildsfees
Oud-Affies kan vir hulle plek bespreek in die gerieflike lapa van die Oud-Affiebond.
• Gholfdag
Ons sien daarna uit om oud-Affiespanne by die jaarlikse gholfdag en die geselligheid na afloop van die dag se spel te ontvang.
• Sportgeleenthede
Benewens die gereelde derbies en kragmetings wat oud-leerling kan ondersteun, is daar die World Schools Rugby Festival wat in 2020 van 22 tot 28 Maart by Affies aangebied word.
• Oud-Affies klim Kilimanjaro 2020 (22 tot 30 Januarie)
Die oud-Affies nooi jou uit om AHS se 100ste jaar op die hoogste punt in Afrika te vier. Die ekspedisieleier is Louis Carstens (SA Seven Summitteer). Vir meer inligting kontak David Hood by 082 775 7482 of methedhood@gmail.com

Feesdas en versamelaarswyn
Daar is ‘n spesiale feesdas ontwerp wat later vanjaar te koop sal wees, asook wyn (wit en rooi) wat deur Beyerskloof vir die skool gebottel word.

Boek oor die skoolgeskiedenis
‘n Boek oor Affies se eerste 100 jaar sal teen die einde van 2020 of vroeg in 2021 voltooi wees. Die redaksie wil gebeure in 2020 wat direk met die feesjaar verband hou, by die publikasie insluit en daarom sal dit eers later beskikbaar wees.) ‘n Aanduiding oor die inhoud en aard van die publikasie sal egter vroeg in 2020 aan belangstellendes gestuur word met die oog op die plaas van bestellings.

Skakelpersone
Algemene navrae oor die feesjaarbedrywighede en projekte kan aan Dirk Taljard gerig word: dirk.taljard@affies.co.za of 082 770 4290 (alle ure) of 012 344 3805 (skoolure).
Jaargroepe wat in 2020 reünies wil hou, moet asseblief nog vanjaar met Leanie Nel skakel: leanie.nel@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure).

Ons sien daarna uit om volgende jaar die skool se eerste geseënde eeu saam met u te vier.

 

Oud-Affies en die Eeufees van 2020 Read More »