Affies verwelkom mnr. Blake Goosen

Affies verwelkom mnr. Blake Goosen as Hoof van Hokkie in die plek van mnr. Neville Rothmann.
 
Mnr. Goosen was die afgelope vier jaar as Hokkiedirekteur aan Helpmekaar Kollege verbonde. Hy het aan die Universiteit van KwaZulu-Natal as sportwetenskaplike gegradueer.
 
Op skool het hy Westville Boys’ High School op provinsiale vlak in hokkie verteenwoordig en het daarna ook vir die manspan van KZN gespeel.
Hy was die afrigter van die damespan van KZN en rig ook twee damespanne (binnenshuis en veld) van Gauteng-Suid af.
 
Ons wens hom sukses in sy nuwe amp toe.

Affies verwelkom mnr. Blake Goosen Read More »