Atletiek

Tweede goue medalje vir Ntando

Affies se bekende lemnaeller, Ntando Mahlangu, het nog ‘n goue medalje by die Paralimpiese Spele ingepalm.
 
Ntando het hierdie keer die T61 200m finaal in ‘n tyd van 23.59 sekondes kafgedraf.
 
Die gange en stoepe het weerklink soos die seuns op hul banke geslaan het om hom aan te spoor.
 
Ons is met reg trots op hierdie nederige jong sportman.
Supersport

Tweede goue medalje vir Ntando Read More »

Ntando wen goud in Tokio

Affie-atleet Ntando Mahlangu het op Saterdag 28 Augustus ‘n nuwe rekord van 7,17 meter  in die Mans T63 verspring by die Paralimpiese Spele in Tokio opgestel.
 
Ntando word gewoonlik met die 200m en 400m-naellope geassosieer, maar het hierdie keer vir hoendervleis gesorg in die verspringput. 
 
Volg hierdie skakel om ‘n video van die sprong op Facebook te sien:
AFP/Thomas Lovelock

Ntando wen goud in Tokio Read More »

Affie-lemnaeler in Tokio

 
Sterkte aan Ntando Mahlangu wat op 19 Augustus na Tokio vertrek het om aan sy tweede Paralimpiese Spele deel te neem.

Hy was reeds as veertienjarige in Rio de Janeiro op die podium en hoop om dié prestasie vanjaar te herhaal of selfs te verbeter.

Ntando neem aan die verspring sowel as die 200 m deel. Affies sien met groot verwagting na sy vertonings uit.
 

Affie-lemnaeler in Tokio Read More »