Koor

Geskiedenis

Nadat die skool in 1923 ‘n klavier aangeskaf het, is ‘n sangklas ingestel en kon die skool sy eerste kooraand in 1924 aanbied. In 1932 het die koor vir die eerste keer aan die Afrikaanse Kunswedstryd  deelgeneem wat in dieselfde jaar tot stand gekom het. Die Affie-koor het daarna gereeld by belangrike geleenthede in ons geskiedenis opgetree soos die hoeksteenlegging van die Vootrekkermonument (1938), die Van Riebeeckfees (1952), die Uniefees (1960), Republiekwording (1961), ens. In 1972 is die eerste opname vir die SAUK gemaak en uitgesaai. Sedert die 1980’s het die koor aan die ATKV Applous en die Direkteurstrofeekompetisie deelgeneem.

Prestasies

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A++

ATKV Applous: Wenners van die seunskore-afdeling 

Pretoria Eisteddfod: Algehele Wenner, Kategoriewenner, A++

ATKV Applous: Naaswenners van die seunskore-afdeling 

Geen kompetisies weens Covid-19.

Geen kompetisies weens Covid-19.

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A++

Pretoria Eisteddfod: Kategoriewenner, A+ 
ATKV Applous    Goue toekenning by streek (geen deelname aan nasionale kompetisie agv Wêreldkoorspele)
Goue medalje en algehele tweede plek in die Jong Mannekoorkategorie by die Wêreld Koorspele in Pretoria, Suid-Afrika

Geleentheid tot deelname

Die Affie-koor bestaan uit ongeveer 90 lede. Voornemende Affies lê reeds aan die einde van hulle graad 7-jaar oudisies af en suksesvolle kandidate word genooi om by die eerste koorkamp van die jaar en oefeninge in te skakel.

Toergeleenthede en optredes

Die koor neem jaarliks aan minstens drie koorfeeste deel en tree dikwels op uitnodiging by ander geleenthede op. Binnelandse toere word onderneem. Die koor het ook al verskeie buitelandse toere (1996, 2000, 2004, 2008, 2012) agter die rug.

Personeel: