Redenaars

Geskiedenis

Die skool se Debat- en Kultuurvereniging is op 21 Julie 1920 gestig. Vanaf 1931 het die skool ook ingeskakel by ’n redenaarskompetisie wat vir die Pretoriaskole gereël is.

Geleentheid tot deelname

Alle leerlinge kan vir Affies se interne redenaarskompetisie (Afrikaans en Engels) en die Affie-Artes inskryf. Die drie seuns wat intern die beste vaar, vorm die groep wat die skool in die Nasionale Redenaarskompetisie van die ATKV, die Van Huyssteens Redenaarsfees en Radikale Redenaarsfees in Pretoria verteenwoordig. Laasgenoemde twee redenaarsfeeste gee aan individue en aan groepe in Afrikaans en Engels ‘n geleentheid tot deelname.

MOOT COURT (SKYNHOF)

In die afgelope twee jaar het Affies aan ‘n nuwe aktiwiteit deelgeneem, naamlik die National Schools Moot Court Competition. Hier moet twee leerders van Graad 11, wat ‘n span vorm, ‘n hipotetiese saak in die hof beveg. Jy moet die saak vir die aanklaer sowel as die aangeklaagde beveg. In 2018 en 2019 is die span van Affies deur na die Gauteng finaal, maar ongelukkig kon ons nie verder vorder nie. Hierdie is ‘n wonderlike kompetisie wat die leerlinge meer oor ons grondwet en die reg leer.

Prestasies

Die kompetisie is nie hierdie jaar afgehandel nie, want voor die finaal kon plaasvind is daar beslis dat mense nie in groot groepe mag vergader nie. Op daardie stadium het ons reeds verneem dat die Engelse Graad 10, 11 en 12 spanne deur is na die finaal, asook die Graad 12 Tweetalige span.

Die Graad 9 Afrikaanse span wen. Die Engelse Graad 10 span wen en Guido Bieseman wen die Individuele Tweetalige afdeling – ‘n eerste vir Affies.

Vier van Affies se Engelse spanne het deurgedring na die Van Huyssteens Onvoorbereide kompetisie se finaal en drie spanne het gewen naamlik die Graad 12, 10 en 9 spanne. Harry Cassidy het ook die individuele Engelse Graad 12 afdeling gewen.

Vyf Affie-spanne het na die finaal van die Van Huyssteens Oratorsfees deurgedring – vier daarvan in die Engelse afdeling. Elf sprekers dring na die halfeindronde van die ATKV-kompetisie aan die einde van Mei deur. Die graad tien Engelse span het as wenners uit die stryd getree.

Graad 9- en 10-spanne wen die Van Huyssteens Redenaarskompetisie se Afrikaanse spanafdeling. In die ATKVkompetisie dring vier juniors en vier seniors na die halfeindronde deur. Drie sprekers dring na die fi nale ronde deur, waar twee onder die top tien eindig. By die Radikale Redenaarsfees het die graad 8-span die Afrikaanse spanafdeling gewen. Twee graad 9-spanne eindig in die eerste en tweede plek.