Affies verwelkom graag vir me. Zydra Hattingh (Geskiedenis), mnr. Derek van der Merwe (Lewenswetenskappe) en me. Carlize Wannenburg (Wiskunde) terug as permanente onderwysers. Hulle het in 2025 as assistente by Affies diens gedoen.
Ons verwelkom ook vanjaar die volgende nuwe personeellede en wens hulle ‘n gelukkige en suksesvolle loopbaan by ons toe.
Al die graad 12’s (294 leerders) het die Nasionale Senior Sertifikaat geslaag – 96,3% van hulle mét universiteitstoelating. Die groep behaal saam 453 A-simbole, waarvan 71 A+ simbole is (90% of hoër).
Die gemiddeld van die leerlinge, alle vakke ingereken, is 68.5%.
Iddo van Daalen is die toppresteerder. Hy het ‘n onderskeiding in al agt sy vakke behaal en spog met ‘n gemiddeld van 91.4%.
Sewe en dertig matrieks het ‘n gemiddeld van 80% of hoër.