Krieket

Geskiedenis

Krieket is vir die eerste keer op ’n georganiseerde basis in 1952 by die Afrikaanse Hoër Seunskool gespeel. In 1953 lewer Affies die eerste Afrikaanssprekende krieketspeler vir die Noord-Oos Transvaalse Nuffieldspan op.

Prestasies

Affies is tans een van die beste krieketskole in die land. Affies se spanne is gereeld onder die top 10 op die ranglys vir hoërskolekrieket.

Die afgelope 15 jaar het die skool tien spelers vir die SA Skolespan en die SA o/19-span opgelewer. Talle oud-Affies speel tans  “Franchise” krieket, senior provinsiale krieket, universiteit- en klubkrieket.

Geleentheid tot deelname

Meer as 220 seuns word jaarliks in Affies se 20 krieketspanne opgeneem – o/14A-G, o/15A-E en 1 tot 8. Krieket word in die eerste, die derde en die vierde kwartaal aangebied en ongeveer 350 wedstryde word gespeel. Daar word hoofsaaklik in die Pretoria- en Johannesburgligas meegeding, maar talle wedstryde word ook elders in die land gespeel.

Intensiewe winterprogramme word gedurende die afseisoen vir alle ouderdomsgroepe aangebied. 

Programme word vir spanne uitgewerk wat alle aspekte van krieket behels – kolfwerk, boulwerk, veldwerk, psigologies en fisiologies. Affies begin in 2020 ‘n krieketakademie vir laerskoolseuns en alle Affie-seuns wat belangstel.

Opponente van die afgelope twee jaar

Buite Pretoria speel Affies jaarliks teen skole soos Grey High School (PE), SACS, Rondebosch, Durban High School, St John’s, King Edward VII School, St. Stithians, St Benedict’s, Paul Roos, Wynberg, Paarl Boys High, Maritzburg College, Hilton, Westville, Glenwood, Grey Kollege, Kearsney College, St Charles, Bishops en vele meer.

Toernooie en toere

Die eerste span speel in Januarie, voor die skole heropen, om die beurt in die Grey High-feestoernooi in Port Elizabeth en die Grey Kollege-feestoernooi in Bloemfontein. Aan die einde van die eerste kwartaal toer die eerste, tweede, o/14A- en o/15A-spanne na Kaapstad om met Paul Roos Gimnasium, Wynberg Boys’ en Rondebosch Boys’ kragte te meet. In September speel die eerste span in die Michaelmas Feesweek (die oudste krieketweek in die land)  by Maritzburg College, die o/15A’s in die Grey High Feesweek en die o/14A’s in die Charl van Rooyen Feesweek wat elke jaar deur een van die deelnemende skole aangebied word. Toere vir B – spanne word jaarliks gereёl.

 

Afrigting

Affies het tans 18 CSA geakrediteerde afrigters – 7 met CSA vlak 1-, 8 met CSA vlak 2- en 3 met CSA vlak 3-kwalifikasies.

Mnr Billy Brown dien as beskermheer van Affie krieket. Dit behels talentidentifisering by alle spanne en die handhawing van die Affie-krieketkultuur.

Vlak 3 Afrigters :

Mnr. Deon Botes 

SA-Skole en SA o/19-keurder 2012 – tans,
Northerns o/17 en o/18-sameroeper 2013 – tans,
SA skole-afrigter 2014,
SA Colts afrigter 2012/13, 2015 – tans en
Northerns o/17 afrigter 2000 – 2004.

Mnr. Pieter Cronje

Voorsitter van Northerns se Hoёrskolekomitee, Northerns o/13 afrigter 1998 – 2003, Northerns o/15 afrigter 2004 – 2007, Northerns o/17 afrigter 2012, Northerns o/19 afrigter 2013 – 2016 en Northerns o/15 sameroeper 2017 – tans.

Mnr. Leon Jonker

Northerns o/15 afrigter 2007 – 2010, 2013/14 Northerns o/15 Sameroeper 2012 – 2016