Affie-Astro word opgeknap

Die o/19-oefengroep het op 2 Februarie met ‘n vaardigheidsoefening die nuwe oppervlakte van die Affie-Astro ingewy. Die water- en dreineringstelsels is ook verbeter.

Die Astro, wat in 2007 op die perseel van AHMP gebou is, word met die meisieskool gedeel.

Hierdie opknappingswerk is nét betyds afgehandel om te verseker dat die 2022-seisoen op die regte noot begin.