Affies wen Sweminterhoër

Die swemspan het op 14 Februarie die seunsafdeling van die Pretoria A-bondinterhoër by die Hillcrest-swembad gewen. Ongelukkig was daar geen toeskouers toegelaat nie.

Baie geluk aan Christiaan Esterhuizen wat as die Junior Victor Ludorum aangewys is.

Duidelik het die naweek se reis na KwaZulu-Natal en die Midmar-myl die span net tot hoër hoogtes aangemoedig.

Finale puntestand:

1. Affies, 395
2. Die Hoërskool Menlopark, 345
3. Pretoria Boys` High, 331
4. Hoërskool Zwartkop, 324
5. Midstream College, 313
6. Hoërskool Garsfontein, 263
7. Cornwall Hill College, 261