Atletiekspan wen NWU-Superinterhoër

Die atlete het nog genoeg in die tenk gehad vir ‘n laaste interhoër vir die seisoen, en hulle het hom laat tel!

Na ‘n dag waar die weer telkens die deelnemers van die veld verjaag het, het die Affie-span uiteindelik met 33.5 punte die wa deur die drif getrek.

Baie geluk aan al die atlete en hul afrigters!

FINALE PUNTESTAND (seunsafdeling):

Affies, 425
Helpmekaar Kollege, 391.5
Prestige College, 369
Hoërskool Waterkloof, 305.5
Hoërskool Zwartkop, 279
Hoërskool Monument High, 274
Hoërskool Garsfontein, 259
Hoërskool Kempton Park, 241