Christiaan Maas blink uit in Serengeti Pro-am

Christiaan Maas, gr. 12, het vanaf 23 – 28 Maart op uitnodiging aan ‘n gholftoernooi wat deelvorm van die Sonskyn Toer deelgeneem. Die Serengeti Pro-am Toernooi was oor 5 rondtes op die Serengeti Gholfbaan uitgespeel. Christiaan was een van twee amateur spelers in die veld van 132 deelnemers.

Hy eindig die toernooi in die 32ste posisie.

In die foto veskyn hy met die SA Amateur-beker wat hy vroeër vanjaar gewen het.