Vrydag, 14 Januarie, se interhuis was een om te onthou! Reeds voor skool kon ’n mens sien hier kom ’n ding toe almal in groot gees opgedaag het en reeds vroeg begin sing en geesvang het. Die Koedoes en Hartebeeste het ook vir die eerste keer in jare ’n ou tradisie laat voortleef met hulle nuwe spoggerige groen en rooi hemde. Die gees het hoog geloop en die opwinding was tasbaar.
Hierde interhuis was vir seker uniek – nog nooit het die leerders so hard en so lank gesing en geskree en hulle spanne ondersteun nie. Selfs op die atletiekveld was almal baie gretig om deel te neem om hulle spanne te verteenwoordig. Daar was ’n rekordgetal deelname.
Dankie aan elke personeellid, atleet en ondersteuner wat hierdie dag onvergeetlik gemaak het!
Item | Naam | Oud. | Item | Huis | Tyd/Afstand | ABSA-Punt |
Beste Naelope | Marx Nel | 16 | 400 m | Kd | 52.19 sek | 740 |
Beste Spronge | Armand Duffy | 14 | Hoogspring | Kh | 1.83 m | 790 |
Beste Middelafstansde | Werner Gouws | 15 | 800 m | kd | 1 min 59.48 sek | 758 |
Beste Hekkies | Tylo Fisher | 16 | 100 m H | Kh | 14.80 sek | 742 |
Beste Worpe | Jordan Meyer | 14 | Gewigstoot | Kd | 17.51 | 949 |
Beste veld(2 items) | Dieter Schubert | 15 | Diskus & Gewigstoot | KD | 55.55 & 16.99 | 924 & 900 |
Beste baan(2 items) | Werner Gouws | 16 | 800m & 400m | Kd | 1 min 59.48 sek | 758 & 735 |
Junior Victor Ludorum (3 Items) | Werner Gouws | 14 | 800m, 400m & 1500m | Kh | 1 min 59.48 sek. 54.18 sek & 4 min 34.85 sek | 758,738 & 711 |
Senior Victor Ludorum (3 Items) | Dieter Schubert | 17 | Diskus, Gewigstoot & Spiesgooi | Kh | 55.55m, 16.99 & 53.28m | 924,900 & 696 |