Sweminterhuis vind plaas by AHS

Die interhuis swemgala was vanjaar in die skool se swembad beslis. Ongelukkig kon die Hillcrest Swembad nie gebruik word nie, wat die akkomodasie van toeskouers bemoeilik het. Die matrieks was egter toegelaat om die byeenkoms by te woon, en dit het behoorlik gegons soos wat die onderskeie huise hul swemmers ondersteun het.

Vanjaar se kompetisie het maar net weer gewys dat die Koshuis dalk vinnig en sterk is, maar dat jy nie jou geld op hulle moet plaas as dit by ‘n swembad kom nie.

Die Koedoes maak op vir hul derde plek op die atletiekbaan en wen die gala met 440 punte. Die Hartebeeste neem die tweede plek met 397 en die Koshuis moes met 304 punte tevrede wees.

Christian Esterhuysen (gr. 9) word as die Junior Victor Ludorum aangewys, terwyl Richardt Beineke en André van den Heever (albei gr. 12) die toekenning vir die Senior Victor Ludorum deel. Die geesbeker gaan aan die Hartebeeste.
 

Individuele prestasies:

 Juniors

 

Beste junior vryslag

Marcus Booysen

Beste junior borsslag

Christian Esterhuysen

Beste junior rugslag

Christian Esterhuysen

Beste junior vlinderslag

Christian Esterhuysen

Individuele wisselslag: 0/14 en 0/15

Christian Esterhuysen

  

Seniors

  

Beste senior vryslag

Richardt Beineke

Beste senior borsslag

Richardt Beineke

Beste senior rugslag

Richardt Beineke

Beste senior vlinderslag

Manus van Vuuren

Individuele wisselslag: 0/16 tot Ope

Richardt Beineke

  

 Victor Ludorums

Junior Victor Ludorum

Christian Esterhuysen

Senior Victor Ludorum

Richardt Beineke en André van den Heever