Niel Coetzer

Harry van Tonder oorlede

Ons betuig ons innige simpatie met die ouers, broer, familie en vriende van Harry van Tonder (graad 10) wat deur die loop van die nag van 11 November in sy slaap oorlede is. Harry was ‘n ernstige epilepsielyer. Affies onthou hom met mooi herinneringe. Hy was as kontrabasspeler ‘n gewaardeerde lid van die Affie-orkeste.

Harry van Tonder oorlede Read More »

Hoofleiers, 2021

Die Affieraad het die afgelope naweek by die skool vergader eerder as om soos gebruiklik te gaan kamp. By hierdie geleentheid is die hoofseuns vir 2021 verkies. Baie geluk aan die volgende seuns:

Hoofleiers, 2021 Read More »

Departementele aanstellings

‘n Woord van gelukwensing aan me. Yvonne Bredell en mnr. Schalk Wessels wat deur die onderwysdepartement in bevorderingsposte aangestel is – me. Bredell as hoof van die Departement Engels en mnr. Schalk Wessels as adjunkhoof.

Me. Yvonne Bredell het haar Affie-debuut as Engels-onderwyser in 2001 gemaak en het sedert 2008 die leiding as vakhoof geneem. Wat voogwerk betref, het sy as fasehoof opgetree. Op buitemuurse terrein is sy nou betrokke by vakverwante aktiwiteite, openbare redevoering en debat. Sy het ook vir baie jare as die skool se tafeltennisvoog diens gelewer. Verder het sy in die skool se beheerliggaam gedien.

Mnr. Schalk Wessels het in 2003 aan Affies matrikuleer, waarna hy ‘n regskwalifikasie verwerf het en etlike jare in dié veld gewerk het. Nadat hy hom as onderwyser bekwaam het, is hy in 2012 by sy alma mater vir Engels en Lewensoriëntering aangestel. Van 2017 af het hy as vakhoof vir Lewenoriëntering opgetree. Wat voogwerk betref, het hy as graadvoog, fasevoog en hoof van dissipline diens gelewer en is verder as voog by die Affieraad betrokke. By die koshuis is hy vir Huis Pannevis verantwoordelik. Mnr. Wessels dien ook in die skool se beheerliggaam. Op die sportveld lewer hy ‘n bydrae as rugby-, atletiek- en krieketafrigter. 

Departementele aanstellings Read More »