Niel Coetzer

Christiaan Maas wen SA Amateur Gholf-Kampioenskap

Christiaan Maas, gr. 12, het op Vrydag 19 Februarie die SA Amateur Gholf-Kampioenskap gewen.

Die kwalifiserende rondtes het op 14 en 15 Feb. plaasgevind. Daarna het die toernooi begin met die top 64 spelers wat teen mekaar meegeding het in putjiespel (matchplay) formaat. Christiaan speel in die finaal teen Christopher Dyer van Engeland.

Die finaal was oor 36 putjies op die Royal Johannesburg & Kensington Gholfbaan se East Course gespeel.

Die laaste Affie-speler wat hierdie gesogde titel kon verower het was George Coetzee in 2005.

Lees meer deur hierdie skakel te volg.

Christiaan Maas wen SA Amateur Gholf-Kampioenskap Read More »

Oud-Affies en die Eeufees van 2020

EEUFEES IN 2020

Funksies en byeenkomste

Daar word verskeie funksies en byeenkomste vir 2020 beplan waarby oud-Affies kan inskakel om die skool se 100ste verjaarsdag saam met ons te vier.
Volledige inligting sal weldra oor die volgende geleenthede gegee word:

• Feesoptog en geselligheid
Op Dinsdag 28 Januarie is oud-Affies welkom ons saam met die personeel en leerlinge van AHS en AHMP van die stadsaal af na die skole terug te stap. Na afloop van die feesredes op die parkeerterrein voor die stadsaal, stap die teenwoordiges voor die Piet Joubert-gebou verby. Die Joubert-gebou is op die erf opgerig waar die woonhuis wat die eerste setel van die Afrikaanse Hoërskool in 1920 was, eens gestaan het.
Ná die optog word daar ‘n geselligheid vir die oud-Affies aangebied.
• Gesamentlike konsert van Afrikaanse Hoër Seunskool en Afrikaanse Hoër Meisieskool
Op Saterdag 23 Mei bied AHS en AHMP ‘n gesamentlike program in die ouditorium van die Moreletapark-gemeente aan, wat werke vir massa-orkes en -koor sal insluit. Daar is op hierdie gehoorsaal besluit, omdat dit sitplek vir 7 000 mense bied.
• Dinee vir oud-Affies
Op Saterdag 6 Junie word ‘n feesdinee vir 300 oud-leerlinge in die Potgietersaal by Affies gereël. (R450 per persoon)
• Affie-wildsfees
Oud-Affies kan vir hulle plek bespreek in die gerieflike lapa van die Oud-Affiebond.
• Gholfdag
Ons sien daarna uit om oud-Affiespanne by die jaarlikse gholfdag en die geselligheid na afloop van die dag se spel te ontvang.
• Sportgeleenthede
Benewens die gereelde derbies en kragmetings wat oud-leerling kan ondersteun, is daar die World Schools Rugby Festival wat in 2020 van 22 tot 28 Maart by Affies aangebied word.
• Oud-Affies klim Kilimanjaro 2020 (22 tot 30 Januarie)
Die oud-Affies nooi jou uit om AHS se 100ste jaar op die hoogste punt in Afrika te vier. Die ekspedisieleier is Louis Carstens (SA Seven Summitteer). Vir meer inligting kontak David Hood by 082 775 7482 of methedhood@gmail.com

Feesdas en versamelaarswyn
Daar is ‘n spesiale feesdas ontwerp wat later vanjaar te koop sal wees, asook wyn (wit en rooi) wat deur Beyerskloof vir die skool gebottel word.

Boek oor die skoolgeskiedenis
‘n Boek oor Affies se eerste 100 jaar sal teen die einde van 2020 of vroeg in 2021 voltooi wees. Die redaksie wil gebeure in 2020 wat direk met die feesjaar verband hou, by die publikasie insluit en daarom sal dit eers later beskikbaar wees.) ‘n Aanduiding oor die inhoud en aard van die publikasie sal egter vroeg in 2020 aan belangstellendes gestuur word met die oog op die plaas van bestellings.

Skakelpersone
Algemene navrae oor die feesjaarbedrywighede en projekte kan aan Dirk Taljard gerig word: dirk.taljard@affies.co.za of 082 770 4290 (alle ure) of 012 344 3805 (skoolure).
Jaargroepe wat in 2020 reünies wil hou, moet asseblief nog vanjaar met Leanie Nel skakel: leanie.nel@affies.co.za of 012 344 3805 (skoolure).

Ons sien daarna uit om volgende jaar die skool se eerste geseënde eeu saam met u te vier.

 

Oud-Affies en die Eeufees van 2020 Read More »

Affie-onnie Help Duisende matrieks met Wiskunde

Mnr. AJ Maree het gedurende die inperking 34 Wiskunde-lesse vir matrieks vir die Wolkskool opgeneem wat op YouTube geplaas is. Hierdie video’s is gemiddeld reeds 5 000 keer deur graad 12’s regoor die land gekyk. Hierdie projek is ‘n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW).

AJ Maree, een van Affies se dinamiese jong onderwysers, het, ná die voltooiing van ‘n BSc (Aktuariële en Finansiële Wiskunde), ses maande in dié veld gewerk, voordat hy besluit het om sy beroepsloopbaan as Wiskunde-onderwyser voort te sit. Hy het sy Affie-debuut in 2010 gemaak.

In 2014 was hy een van nege jong Suid-Afrikaanse onderwysers wat die Wiskunde-somerskool van die Universiteit van Utrecht, Nederland, bygewoon het, nadat pryse van die Rapport Onderwysfonds aan hulle toeken is. Sy besonderse passie vir en belangstelling in sy vak blyk verder uit die talle uitnodigings wat hy reeds ontvang het om as spreker by Wiskunde-seminare op te tree. Sedert 2016 is mnr. Maree ook dirigent van die Affie-koor.

Affie-onnie Help Duisende matrieks met Wiskunde Read More »