Baie dankie aan almal wat hul stem vir die nuwe beheerliggaam uitgebring het. Ons het baie groot waardering vir u belangstelling en ondersteuning.
‘n Hartlike woord van gelukwensing aan die volgende ouers wat tot die beheerliggaam verkies is:
Mnr. Marno Boshoff Mnr. Schalk Bruwer Mnr. Jacques de Beer Mnr. Marius Jooste Dr. Henry Kelbrick Mnr. Deon Koegelenberg Me. Isabel Nel Mnr. Jan-Lodewyk Pretorius Mnr. Ettienne Strydom
Richardt Beineke, gr. 11, en Ricardo Rebelo, gr. 10, het van 19 – 21 Maart op uitnodiging aan die Nasionale Ope Water Kampioenskap in Jeffreysbaai deelgeneem. Richardt het 4de geëindig in die 7,5 km en Ricardo het ‘n 3de plek in die 5 km bekleë.
Me. Magriet Malan was van 2010 tot 2014 en daarna weer van 2016 af as Afrikaans-onderwyser aan AHS verbonde. As ervare violis het sy by die orkes ingeskakel om hulp aan die strykers te verleen. Verder het sy as voog van die Stroom-op-redaksie opgetree en was deurentyd besig om die seuns in die kuns van openbare redevoering te onderlê. Sy was besonder rekenaarvaardig en het talle kollegas in hierdie verband ondersteun. Sy word onthou vir haar besondere bedagsaamheid, behulpsaamheid en die respek en deernis waarmee sy met haar kollegas omgegaan het. Affies eer haar nagedagtenis met mooi herinneringe.
Die 277 matrieks van 2020 het uitsonderlik presteer. 94.9% van die matriekgroep slaag met universiteitstoelating. Die groep behaal saam 557 A-simbole, waarvan 122 A+ (>90%) is.
Die gemiddeld, alle vakke en leerlinge ingereken, was 70%.
Die 2020-matrikulant wat die meeste onderskeidings ingeryg het, is Ian Mc Donald met 9 A’s.
Baie geluk aan Affies se drie toppresteerders (hoogste gemiddeldes): Edmund du Plessis (94,3%), Christiaan Swanepoel (93,6%) en Adriaan van Wyk (91,4%).
Ian Mc Donald
Edmund du Plessis
Christiaan Swanepoel
Adriaan van Wyk
Die volgende kandidate het agt onderskeidings verwerf:
Edmund du Plessis AD Kotzé Waldo Pienaar NJ Pretorius Johann Roode Christiaan Swanepoel Nicolaas van der Merwe Adriaan van Wyk
Sewe onderskeidings:
Werner Ahrens Schalk Burger Dewald Classen Albert du Plessis Adriaan du Toit Johann Fourie Luard Griesel Steffan Henning Dirk Herbst Wikus Moolman Jacques Pienaar Drikus Robbertse Henri van der Westhuizen Ryno van Rensburg
Ses onderskeidings:
Wernus Barnard Hein Boonstra Reuben Coetzer Myer du Preez Tian du Rand Johan Ferreira Armand Knoetze Nico Muller Corné Nel Müller Pretorius Ruan Rossouw Lleyton Troskie Jan-Tian van der Kooi Zander van der Merwe Luhan van Heerden Christoff Viljoen