Akademie

Innovasie- en Tegnologieklub sien die lig

Affies se Innovasie- en Tegnologieklub het gister onder die entoesiastiese aanvoering van mnr. Deon Koegelenberg (beheerliggaamlid vir IKT), mnr. Kenny Erasmus, me. Hannie van der Merwe (IT-onderwysers) en ander personeellede vir die eerste keer vergader. Die geleentheid is ook deur die hoof, mnr. Peregrine Joynt, bygewoon, wat ‘n sterk voorstander van hierdie inisiatief is.

Hierdie eerste byeenkoms is deur 23 seuns bygewoon en hulle is aan die vier stasies bekendgestel wat in die mediasentrum opgestel is. By die eerste stasie word robotika beoefen, by die tweede een kan Arduino-borde gebou en geprogrammeer word, sowel as legkaartprogrammering geleer word. Stasie drie is vir hommeltuie wat die klublede kan programmeer en vlieg. By die vierde stasie is 3D-drukkers beskikbaar, waar modelletjies vervaardig kan word.

Klubbyeenkomste is vir Dinsdagmiddae geskeduleer, maar dit staan seuns vry om dié veld ook pouses en ná skool te verken.

Dit is selfs moontlik om sekere items, soos boeke, vir ‘n tyd “uit te neem”.

Innovasie- en Tegnologieklub sien die lig Read More »

Matriekuitslae, 2020

Die 277 matrieks van 2020 het uitsonderlik presteer. 94.9% van die matriekgroep slaag met universiteitstoelating. Die groep behaal saam 557 A-simbole, waarvan 122 A+ (>90%) is.

Die gemiddeld, alle vakke en leerlinge ingereken, was 70%.

Die 2020-matrikulant wat die meeste onderskeidings ingeryg het, is Ian Mc Donald met 9 A’s.

Baie geluk aan Affies se drie toppresteerders (hoogste gemiddeldes): Edmund du Plessis (94,3%), Christiaan Swanepoel (93,6%) en Adriaan van Wyk (91,4%).

Ian Mc Donald
Edmund du Plessis
Christiaan Swanepoel
Adriaan van Wyk

Die volgende kandidate het agt onderskeidings verwerf:

Edmund du Plessis
AD Kotzé
Waldo Pienaar
NJ Pretorius
Johann Roode
Christiaan Swanepoel
Nicolaas van der Merwe
Adriaan van Wyk

Sewe onderskeidings:

Werner Ahrens
Schalk Burger
Dewald Classen
Albert du Plessis
Adriaan du Toit
Johann Fourie
Luard Griesel
Steffan Henning
Dirk Herbst
Wikus Moolman
Jacques Pienaar
Drikus Robbertse
Henri van der Westhuizen
Ryno van Rensburg

Ses onderskeidings:

Wernus Barnard
Hein Boonstra
Reuben Coetzer
Myer du Preez
Tian du Rand
Johan Ferreira
Armand Knoetze
Nico Muller
Corné Nel
Müller Pretorius
Ruan Rossouw
Lleyton Troskie
Jan-Tian van der Kooi
Zander van der Merwe
Luhan van Heerden
Christoff Viljoen

Matriekuitslae, 2020 Read More »

Affie-onnie Help Duisende matrieks met Wiskunde

Mnr. AJ Maree het gedurende die inperking 34 Wiskunde-lesse vir matrieks vir die Wolkskool opgeneem wat op YouTube geplaas is. Hierdie video’s is gemiddeld reeds 5 000 keer deur graad 12’s regoor die land gekyk. Hierdie projek is ‘n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW).

AJ Maree, een van Affies se dinamiese jong onderwysers, het, ná die voltooiing van ‘n BSc (Aktuariële en Finansiële Wiskunde), ses maande in dié veld gewerk, voordat hy besluit het om sy beroepsloopbaan as Wiskunde-onderwyser voort te sit. Hy het sy Affie-debuut in 2010 gemaak.

In 2014 was hy een van nege jong Suid-Afrikaanse onderwysers wat die Wiskunde-somerskool van die Universiteit van Utrecht, Nederland, bygewoon het, nadat pryse van die Rapport Onderwysfonds aan hulle toeken is. Sy besonderse passie vir en belangstelling in sy vak blyk verder uit die talle uitnodigings wat hy reeds ontvang het om as spreker by Wiskunde-seminare op te tree. Sedert 2016 is mnr. Maree ook dirigent van die Affie-koor.

Affie-onnie Help Duisende matrieks met Wiskunde Read More »