Hierdie nasionale vasvrakompetisie het op 14 Oktober aanlyn plaasgevind. Affies het ’n span elk in die junior en senior afdeling ingeskryf.
Die junior span, bestaande uit Wian van Rooyen (gr. 10), Ignus Ferreira (gr. 10) en Ruben Pienaar (gr. 9) het onder die top tien geëindig.
Die senior span (foto), Jonty Bleeker (gr. 12), Jan Wiese (gr. 12) en Joshuan du Toit (gr. 11) het na 67 spannende vrae as die nasionale wenners uit die stryd getree.
Affies se Innovasie- en Tegnologieklub het gister onder die entoesiastiese aanvoering van mnr. Deon Koegelenberg (beheerliggaamlid vir IKT), mnr. Kenny Erasmus, me. Hannie van der Merwe (IT-onderwysers) en ander personeellede vir die eerste keer vergader. Die geleentheid is ook deur die hoof, mnr. Peregrine Joynt, bygewoon, wat ‘n sterk voorstander van hierdie inisiatief is.
Hierdie eerste byeenkoms is deur 23 seuns bygewoon en hulle is aan die vier stasies bekendgestel wat in die mediasentrum opgestel is. By die eerste stasie word robotika beoefen, by die tweede een kan Arduino-borde gebou en geprogrammeer word, sowel as legkaartprogrammering geleer word. Stasie drie is vir hommeltuie wat die klublede kan programmeer en vlieg. By die vierde stasie is 3D-drukkers beskikbaar, waar modelletjies vervaardig kan word.
Klubbyeenkomste is vir Dinsdagmiddae geskeduleer, maar dit staan seuns vry om dié veld ook pouses en ná skool te verken.
Dit is selfs moontlik om sekere items, soos boeke, vir ‘n tyd “uit te neem”.
Baie geluk aan die volgende seuns wat uitstekend in die landswye finaal van Blitsbrein presteer het:
Markus Nel word aangewys as die senior nasionale wenner. Hy en nog twee Affies, Joshuan du Toit en Henko Brits (almal in graad 11) het ook die eerste drie plekke in Gauteng beklee.
In die junior afdeling word Joshua Markram (graad 9) as die nasionale wenner aangewys.
Die 277 matrieks van 2020 het uitsonderlik presteer. 94.9% van die matriekgroep slaag met universiteitstoelating. Die groep behaal saam 557 A-simbole, waarvan 122 A+ (>90%) is.
Die gemiddeld, alle vakke en leerlinge ingereken, was 70%.
Die 2020-matrikulant wat die meeste onderskeidings ingeryg het, is Ian Mc Donald met 9 A’s.
Baie geluk aan Affies se drie toppresteerders (hoogste gemiddeldes): Edmund du Plessis (94,3%), Christiaan Swanepoel (93,6%) en Adriaan van Wyk (91,4%).
Ian Mc Donald
Edmund du Plessis
Christiaan Swanepoel
Adriaan van Wyk
Die volgende kandidate het agt onderskeidings verwerf:
Edmund du Plessis AD Kotzé Waldo Pienaar NJ Pretorius Johann Roode Christiaan Swanepoel Nicolaas van der Merwe Adriaan van Wyk
Sewe onderskeidings:
Werner Ahrens Schalk Burger Dewald Classen Albert du Plessis Adriaan du Toit Johann Fourie Luard Griesel Steffan Henning Dirk Herbst Wikus Moolman Jacques Pienaar Drikus Robbertse Henri van der Westhuizen Ryno van Rensburg
Ses onderskeidings:
Wernus Barnard Hein Boonstra Reuben Coetzer Myer du Preez Tian du Rand Johan Ferreira Armand Knoetze Nico Muller Corné Nel Müller Pretorius Ruan Rossouw Lleyton Troskie Jan-Tian van der Kooi Zander van der Merwe Luhan van Heerden Christoff Viljoen
Mnr. AJ Maree het gedurende die inperking 34 Wiskunde-lesse vir matrieks vir die Wolkskool opgeneem wat op YouTube geplaas is. Hierdie video’s is gemiddeld reeds 5 000 keer deur graad 12’s regoor die land gekyk. Hierdie projek is ‘n inisiatief van die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) en die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW).
AJ Maree, een van Affies se dinamiese jong onderwysers, het, ná die voltooiing van ‘n BSc (Aktuariële en Finansiële Wiskunde), ses maande in dié veld gewerk, voordat hy besluit het om sy beroepsloopbaan as Wiskunde-onderwyser voort te sit. Hy het sy Affie-debuut in 2010 gemaak.
In 2014 was hy een van nege jong Suid-Afrikaanse onderwysers wat die Wiskunde-somerskool van die Universiteit van Utrecht, Nederland, bygewoon het, nadat pryse van die Rapport Onderwysfonds aan hulle toeken is. Sy besonderse passie vir en belangstelling in sy vak blyk verder uit die talle uitnodigings wat hy reeds ontvang het om as spreker by Wiskunde-seminare op te tree. Sedert 2016 is mnr. Maree ook dirigent van die Affie-koor.