Toneel

Geskiedenis

Die Afrikaanse Hoërskool (tot aan die einde van 1929 ’n gemengde skool) het vir die eerste keer in 1921 ‘n toneelstuk, Afrikaner-harte, opgevoer. In 1923 is ‘n komedie, Piet se Tante, op die planke gebring.

Geleentheid tot deelname

Alle leerlinge het die geleentheid om oudisies af te lê. Ongeveer 20 tot 30 seuns word jaarliks by die toneel betrek. Damesrolle word deur meisies van ons susterskool gespeel. Belangstellendes wat nie as spelers aangewend word nie, kan gekeur word om by die tegniese span (klank, beligting en dekor) in te skakel.

Werkskampe en kompetisies

Groepsgees word gebou deur die toneelgroep op werkskampe te neem.  Die skool neem aan ‘n groot hoeveelheid toneelkompetisies deel, o.a. ATKV-Tienertoneel, Reza de Wet-fees, Aardklop PronkPodium, FAK Allegretto-toneelfees en verskeie kunstefeeste.

Prestasies

Geen deelname as gevolg van Covid-19.

Geen deelname as gevolg van Covid-19.

Wenners van die Tshwane Toneelfees.

Die hele toneelgroep ontvang goue sertifikate vir samespel by die ATKV Tienertoneelkompetisie.

Dring deur tot ATKV landswye finaal:

  • Goue penning vir beste hoofrolspeler.

Dring deur tot ATKV landswye finaal:

  • Goue penning vir mees belowende speler

Dring deur tot ATKV landswye finaal:

  • Goue penning vir mees belowende speler
  • Goue penning vir beste beligtingsoperateur