Die Afrikaanse Hoërskool (tot aan die einde van 1929 ’n gemengde skool) het vir die eerste keer in 1921 ‘n toneelstuk, Afrikaner-harte, opgevoer. In 1923 is ‘n komedie, Piet se Tante, op die planke gebring.
Geleentheid tot deelname
Alle leerlinge het die geleentheid om oudisies af te lê. Ongeveer 20 tot 30 seuns word jaarliks by die toneel betrek. Damesrolle word deur meisies van ons susterskool gespeel. Belangstellendes wat nie as spelers aangewend word nie, kan gekeur word om by die tegniese span (klank, beligting en dekor) in te skakel.
Werkskampe en kompetisies
Groepsgees word gebou deur die toneelgroep op werkskampe te neem. Die skool neem aan ‘n groot hoeveelheid toneelkompetisies deel, o.a. ATKV-Tienertoneel, Reza de Wet-fees, Aardklop PronkPodium, FAK Allegretto-toneelfees en verskeie kunstefeeste.
Prestasies
Die volgende prestasies is die afgelope paar jaar behaal:
ATKV landswye finaal: 2008, 2017, 2018, 2019
Aardklop Pronk Podium-finalis 2018, 2019
Wen Reza de Wet-toneelfees by Vryfees 2018
2017: Algehele derde plek by ATKV landswye finaal.
Goue penning vir beste byspeler by die ATKV-finaal by Aardklop in 2008
Goue penning vir beste hoofrolspeler ATKV (2019)
Goue penning vir mees belowende speler ATKV (2017, 2018)
Toekennings vir beste akteur, beste byspeler, beste regie by die Tshwane Toneelfees in 2009, 2011
Toekennings vir beste akteur, beste aktrise, beste speler in kameerol en Brümilda van Rensburg-prys vir belowendste speler by die Tshwane Toneelfees in 2010
Die hele toneelgroep ontvang in 2015 en 2016 en 2019 goue sertifikate vir samespel by die ATKV Tienertoneelkompetisie
ATKV-sertifikate vir spel, samespel, regie, kostumering, grimering en klank-, stel- en beligtingsontwerp van 2008 tot 2019