Affies is sedert 2012 `n permanente lid van die Founders Festival.
Dit bring mee dat die o/19A-, o/16A- en die o/14A-spanne aan jaarlikse toernooie teen Northwood (Durban), Paul Roos Gimnasium, (Stellenbosch) Kearsney College (Durban), Potchefstroom Boys High, Dale College (King Williamstown), Rondebosch en SACS (beide Kaapstad) blootgestel word.
Affies se eerste span is ook jaarliks by die KES Easter Festival in aksie.
Affies poog om aan soveel as moontlik spanne oor alle ouderdomsgroepe op toer te stuur. Hierdie toere beoog om die seuns blootstelling te gee tot die ervaring van ‘n sporttoer, sowel as om aan hulle die geleentheid te gee om teen skole van buite ons provinsie kragte te meet.