Niel Coetzer

Rooidasse wen Pretoria Eisteddfod

Die Rooidasse is op 10 Mei as die algehele wenners van die Pretoria Eisteddfod, sowel as die kategoriewenners (seunskore-afdeling), aangewys, met ‘n vertoning wat deur die beoordelaars met ‘n A++ bekroon is.

Baie geluk aan die seuns, mnr. AJ Maree (dirigent) en me. Gisela Scriba (koorbegeleier sedert 1996), sowel as die koorpersoneel.

Rooidasse wen Pretoria Eisteddfod Read More »

Wildeklawer-rugbytoernooi

Die eerste span en A-spanne het oor 29 April tot 1 Mei aan die Wildeklawer-rugbytoernooi in Kimberley deelgeneem. Hulle speel teen Oakdale Landbouskool van Riversdale in die Wes-Kaap, en Glenwood High School van Durban.

Oakdale Landbouskool

Witbulle wen 25-7
16A wen 33-0
15A wen 31-3
14A wen 31-0

Glenwood High School

Witbulle wen 49-14
16A wen 26-0
15A wen 45-7
14A wen 45-0

Wildeklawer-rugbytoernooi Read More »

Interskole teen Paarl Gimnasium

Oor die naweek van 22 tot 24 April het Paarl Ginamsium van die Kaap af gereis om teen Affies kreagte te meet in rugby, hokkie, tennis en gholf.

Hiermee die uitslae: 

TENNIS

Die eerste tennisspan klop Paarl Gimnasium met 7 wedstryde tenoor 2.
GHOLF

Die gholfspan het eerste bloed getrek van die besoekers

Slegs die eerste spanne gespeel, met 6 spelers per span, in putjiespel- (match play) formaat.

Affies wen 6-0.

RUGBY

Dit was ‘n besondere mooi dag op die Plaas, en die Witbulle het die kersie op die koek gesit deur Paarl Gimnasium, in klipharde, spanningsvolle eerste span-wedstryd, met 29-26 te klop!

 
Ander uitslae:

Tiere verloor, 12-38
3des wen, 14-12
4des verloor, 9-24
5des verloor, 0-17
6des wen, 15-10
7des wen, 17-6

16A wen, 20-17
16B verloor, 12-14
16C wen, 14-0

15A wen, 32-15
15B wen, 35-7
15C wen, 40-7
15D wen, 59-0

14A wen, 12-0
14B wen, 18-8
14C wen, 29-0
14D wen, 65-0

HOKKIE

Die eerste span het 1-1 gelykop gespeel teen hul eweknieë van Paarl Gimnasium.

Ander uitslae:

2de span gelykop, 1-1
3de span wen, 3-0

16A wen, 3-1
15A verloor teen 16B, 0-3
16B wen teen 16C, 4-0
16C wen teen 16D, 3-0

14A wen, 5-0
14B wen, 6-1

Interskole teen Paarl Gimnasium Read More »

NoordSuid-Rugbytoernooi

Toeskouers is welkom! Leerlinge met skoolklere het gratis toegang.

Kaartjies vir die NoordSuid-rugbytoernooi kan van vandag af by die volgende skakel gekoop word:

Let wel: Die Laerskole-Toernooi word op die terrein van Pretoria Boys` High aangebied.

Deelnemende hoërskole:

Affies
Glenwood High School
Grey Kollege
Helpmekaar Kollege
Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai)
Hoërskool Dr. E.G. Jansen
Hoërskool Durbanville
Hoërskool Garsfontein
Hoër Landbouskool Oakdale
Hoërskool Menlopark
Hoërskool Monument High
Hoërskool Nelspruit
Hoërskool Noordheuwel
Hoërskool Stellenberg
Hoërskool Waterkloof
HTS Drostdy
Paarl Gimnasium
Paul Roos Gimnasium
Pretoria Boys`s High
Welkom Gimnasium

NoordSuid-Rugbytoernooi Read More »

Atletiekspan wen NWU-Superinterhoër

Die atlete het nog genoeg in die tenk gehad vir ‘n laaste interhoër vir die seisoen, en hulle het hom laat tel!

Na ‘n dag waar die weer telkens die deelnemers van die veld verjaag het, het die Affie-span uiteindelik met 33.5 punte die wa deur die drif getrek.

Baie geluk aan al die atlete en hul afrigters!

FINALE PUNTESTAND (seunsafdeling):

Affies, 425
Helpmekaar Kollege, 391.5
Prestige College, 369
Hoërskool Waterkloof, 305.5
Hoërskool Zwartkop, 279
Hoërskool Monument High, 274
Hoërskool Garsfontein, 259
Hoërskool Kempton Park, 241

Atletiekspan wen NWU-Superinterhoër Read More »