Algemeen

Nuwe geboue ingewy

Die 2022-bouprojek is op 26 Januarie formeel afgesluit met die inwyding van die nuwe anneks van die ingangsportaal en 1920 (kafeteria) op die vooraand van die skool se verjaarsdag.

By hierdie funksie het die hoof, mnr. Peregrine Joynt, donateurs en betrokkenes by die bouprojek bedank.

Die voormalige skoolhoof, dr. Pierre Edwards, en sy eggenote, me. Aryna Edwards het die gedenksteen van die nuwe anneks onthul. Die projek om ‘n toevoeging tot die skool se kafeteria en rekenaarlaboratoria te bou is reeds onder sy hoofskap beplan, maar kon eers in 2022 die lig sien.

Die nuwe klasse wat oor die sportvelde uitkyk is ook met die knip van ‘n rooi lint deur die skool se Adjunkhoof van Akademie, me. Elmarie van Loggerenberg, ingewy.

Daar is ook ‘n pragtige boekie saamgestel wat agtergrond oor die skool se bou-geskiedenis aan die gaste gegee het.

Nuwe geboue ingewy Read More »

Affies verwelkom

‘n Hartlike woord van welkom aan al ons nuwe personeel wat by Affies aangesluit het. Ons wens hulle ‘n lang en suksesvolle loopbaan hier by ons toe. Hulle is:

Voor: mee. Annatjie Collett (Finansies), Gerda Nel (Geskiedenis en Lewensoriëntering), Annelize McDonald (Remediërende onderwys) en Tertia van Tonder (Departementshoof: Fisiese en Lewenswetenskappe).

Agter: mnre. Jared de Beer (Engels), oud-Affie 2017, Jan-Albert de Kock (Inligtingstegnologie en Rekenaartoepassingstegnologie), Adriaan Smit (Engels), Kevin Jansen van Rensburg (Onderwysassistent: Engels), Francois Schuld (Lewensoriëntering en Afrikaans), oud-Affie 2010, Ryno Niemand (Deeltyds: Gimnasium) en Marinus Pawson (Wiskunde).

Me. Van Tonder het die pos reeds aan die einde van verlede jaar gevul en me. McDonald was vroeër in ‘n deeltydse hoedanigheid aan die skool verbonde.

Affies verwelkom Read More »