Sport

Stefan Jacobs wen gholftoernooi

Stefan Jacobs, graad 11, het die afgelope naweek die Nomads Noord en Suid Kampioenskap gewen. Wandré Snyman, graad 9, het in die 45ste plek geëindig.
 
Hierdie junior toernooi is op 22 en 23 Augustus op die Pecanwood Gholfbaan oor 3 rondtes gespeel en is deur Golf RSA aangebied. Spelers van regoor Suid-Afrika het deelgeneem.

Stefan Jacobs wen gholftoernooi Read More »

Affie-lemnaeler in Tokio

 
Sterkte aan Ntando Mahlangu wat op 19 Augustus na Tokio vertrek het om aan sy tweede Paralimpiese Spele deel te neem.

Hy was reeds as veertienjarige in Rio de Janeiro op die podium en hoop om dié prestasie vanjaar te herhaal of selfs te verbeter.

Ntando neem aan die verspring sowel as die 200 m deel. Affies sien met groot verwagting na sy vertonings uit.
 

Affie-lemnaeler in Tokio Read More »

Twee Affies in SA O/18-toergroep

Baie geluk aan Stian de Bruyn (gr. 12) en Risima Sambo (gr. 11) wat by die SA O/18-toergroep ingesluit is.
Hierdie twee Affies is ook die enigste twee verteenwoordigers van die ganse Blou Bulle-streek in die nasionale groep. Die toergeselskap reis op 31 Julie na Georgië, waar hulle op 4, 7, 11 en 14 Augustus teen die nasionale O/18-span te staan gaan kom.
 

Twee Affies in SA O/18-toergroep Read More »

Woodlands Junior Masters Toernooi

Twee Affie-spanne, bestaande uit ses spelers elk, het tussen 9 en 11 Mei aan die Woodlands Junior Masters Toernooi deelgeneem. Hierdie toernooi is op die Royal Johannesburg & Kensington Gholfbaan oor 3 rondtes gespeel.

18 Spanne van regoor SA het aan die toernooi deelgeneem. In die span-kompetisie eindig die 2de span in die 4de plek. Die eerste spen wen die toernooi vir ‘n derde agtereenvolgende keer.

Op individuele basis het Christiaan Maas (gr. 12) die toernooi met ‘n telling van 18 onder baansyfer, wat ook ‘n nuwe toernooi-rekord is, gewen.

Woodlands Junior Masters Toernooi Read More »

Swemuitslae, Maart – April

Vlak 3 (Level 3):

Gavin Robberts: 

5de plek in 50 m rugslag

Chris-Jan Daling:   

4de plek in 100m rugslag

6de plek in 200m vryslag

5de plek in 50m  borslag

Adriaan van Niekerk:

2de plek in 50m vryslag

1ste plek in 100m vryslag

2de plek in 50m borslag

Eckard Janse van Vuuren: 

35ste plek in 50m vryslag

25ste plek in 200m vryslag

34ste plek in 100m vryslag

SA Junior Nasionale Kampioenskap:

Markus Nel: 

7de plek in 100m borsslag

7de plek in 50m borsslag

6de plek in 200m borsslag

Manus van Vuuren:    

6de plek in 100m vryslag

Ricardo Rebelo:

11de plek in 200m vryslag

11de plek in 100m vryslag

5de plek in 50m borsslag

7de plek in 200m borsslag

Chris-Jan Daling:

14de plek in 200m vryslag

19de plek in 100m vryslag

13de plek in 50m borsslag

André van den Heever: 

2de plek in 50m rugslag

5de plek in 100m vlinderslag

1ste plek in 100m rugslag

1ste plek in 50m vryslag

2de plek in 200m rugslag

Christiaan Esterhuysen:

5de plek in 50m rugslag

4de plek in 100m rugslag

3de plek in 200m rugslag

Markus Booysen:

11de plek in die 100m borsslag

6de plek in 100m vryslag

4de plek in 50m vryslag

SA Senior Nasionale Kampioenskap:

Hano Kruger:

8ste plek in 50m Vryslag (3de Youth Elite)

Janno Bouwer: 

15de plek in 400m vryslag

Manus van Vuuren:

40ste plek in 100m vryslag

10de plek in 50m vryslag

Richardt Beineke:

48ste plek in 100m vryslag

4de plek in 800m vryslag (1ste Youth Elite)

20ste plek in 50m borsslag

11de plek in 400m vryslag (2de Youth Elite)

Markus Nel

13de plek in 100m borsslag  

33ste plek in 200m individuele wisselslag 

16de plek in 50m borsslag 

André van den Heever: 

26ste plek in 50m borsslag

29ste plek in 100m rugslag

Swemuitslae, Maart – April Read More »