Sport

Sweminterhuis vind plaas by AHS

Die interhuis swemgala was vanjaar in die skool se swembad beslis. Ongelukkig kon die Hillcrest Swembad nie gebruik word nie, wat die akkomodasie van toeskouers bemoeilik het. Die matrieks was egter toegelaat om die byeenkoms by te woon, en dit het behoorlik gegons soos wat die onderskeie huise hul swemmers ondersteun het.

Vanjaar se kompetisie het maar net weer gewys dat die Koshuis dalk vinnig en sterk is, maar dat jy nie jou geld op hulle moet plaas as dit by ‘n swembad kom nie.

Die Koedoes maak op vir hul derde plek op die atletiekbaan en wen die gala met 440 punte. Die Hartebeeste neem die tweede plek met 397 en die Koshuis moes met 304 punte tevrede wees.

Christian Esterhuysen (gr. 9) word as die Junior Victor Ludorum aangewys, terwyl Richardt Beineke en André van den Heever (albei gr. 12) die toekenning vir die Senior Victor Ludorum deel. Die geesbeker gaan aan die Hartebeeste.
 

Individuele prestasies:

 Juniors

 

Beste junior vryslag

Marcus Booysen

Beste junior borsslag

Christian Esterhuysen

Beste junior rugslag

Christian Esterhuysen

Beste junior vlinderslag

Christian Esterhuysen

Individuele wisselslag: 0/14 en 0/15

Christian Esterhuysen

  

Seniors

  

Beste senior vryslag

Richardt Beineke

Beste senior borsslag

Richardt Beineke

Beste senior rugslag

Richardt Beineke

Beste senior vlinderslag

Manus van Vuuren

Individuele wisselslag: 0/16 tot Ope

Richardt Beineke

  

 Victor Ludorums

Junior Victor Ludorum

Christian Esterhuysen

Senior Victor Ludorum

Richardt Beineke en André van den Heever

Sweminterhuis vind plaas by AHS Read More »

Koshuis wen interhuis atletiek

Vrydag, 14 Januarie, se interhuis was een om te onthou!  Reeds voor skool kon ’n mens sien hier kom ’n ding toe almal in groot gees opgedaag het en reeds vroeg begin sing en geesvang het. Die Koedoes en Hartebeeste het ook vir die eerste keer in jare ’n ou tradisie laat voortleef met hulle nuwe spoggerige groen en rooi hemde. Die gees het hoog geloop en die opwinding was tasbaar.

Hierde interhuis was vir seker uniek – nog nooit het die leerders so hard en so lank gesing en geskree en hulle spanne ondersteun nie. Selfs op die atletiekveld was almal baie gretig om deel te neem om hulle spanne te verteenwoordig.  Daar was ’n rekordgetal deelname.

Dankie aan elke personeellid, atleet en ondersteuner wat hierdie dag onvergeetlik gemaak het! 

Item

Naam

Oud.

Item

Huis

Tyd/Afstand

ABSA-Punt

Beste Naelope

Marx Nel

16

400 m

Kd

52.19 sek

740

Beste Spronge

Armand Duffy

14

Hoogspring

Kh

1.83 m

790

Beste Middelafstansde

Werner Gouws

15

800 m

kd

1 min 59.48 sek

758

Beste Hekkies

Tylo Fisher

16

100 m H

Kh

14.80 sek

742

Beste Worpe

Jordan Meyer

14

Gewigstoot

Kd

17.51

949

Beste veld(2 items)

Dieter Schubert

15

Diskus & Gewigstoot

KD

55.55 & 16.99

924 & 900

Beste baan(2 items)

Werner Gouws

16

800m & 400m

Kd

1 min 59.48 sek

758 & 735

Junior Victor Ludorum           (3 Items)

Werner Gouws

14

800m, 400m & 1500m

Kh

1 min 59.48 sek. 54.18 sek & 4 min 34.85 sek

758,738 & 711

Senior Victor Ludorum           (3 Items)

Dieter Schubert

17

Diskus, Gewigstoot & Spiesgooi

Kh

55.55m, 16.99 & 53.28m

924,900 & 696

Koshuis wen interhuis atletiek Read More »

Skaak-kampioenskap

Die eerste interne Affie-kampioenskap vir skaakspelers is op Donderdag, 28 Oktober in die rugbyklubhuis gespeel. Die toernooi het uit vyf rondtes Swiss-formaat 30:30 tyd bestaan en ‘n rekenaarprogram het die bordindelings gedoen om te verseker dat die sterkste spelers teenoor mekaar geplaas word.
 
Sowat 24 spelers, insluitende die martieks,wat reeds met hul eindeksamen begin het, het aan die toernooi deelgeneem.
 
Hierdie toernooi beoog om jaarliks, soos in die geval van tennis en gholf, vir die spelers geleentheid te gee om op ‘n formele basis teen mekaar te speel.
 
Baie geluk aan Heinrich Loock (gr. 12) wat die eerste plek wen. Wihan Koster (gr. 8 ) behaal ‘n tweede plek en Jacques Mouton (gr. 10) ‘n derde plek.

Skaak-kampioenskap Read More »

Tweede goue medalje vir Ntando

Affies se bekende lemnaeller, Ntando Mahlangu, het nog ‘n goue medalje by die Paralimpiese Spele ingepalm.
 
Ntando het hierdie keer die T61 200m finaal in ‘n tyd van 23.59 sekondes kafgedraf.
 
Die gange en stoepe het weerklink soos die seuns op hul banke geslaan het om hom aan te spoor.
 
Ons is met reg trots op hierdie nederige jong sportman.
Supersport

Tweede goue medalje vir Ntando Read More »