Sport

Ntando wen goud in Tokio

Affie-atleet Ntando Mahlangu het op Saterdag 28 Augustus ‘n nuwe rekord van 7,17 meter  in die Mans T63 verspring by die Paralimpiese Spele in Tokio opgestel.
 
Ntando word gewoonlik met die 200m en 400m-naellope geassosieer, maar het hierdie keer vir hoendervleis gesorg in die verspringput. 
 
Volg hierdie skakel om ‘n video van die sprong op Facebook te sien:
AFP/Thomas Lovelock

Ntando wen goud in Tokio Read More »

Stefan Jacobs wen gholftoernooi

Stefan Jacobs, graad 11, het die afgelope naweek die Nomads Noord en Suid Kampioenskap gewen. Wandré Snyman, graad 9, het in die 45ste plek geëindig.
 
Hierdie junior toernooi is op 22 en 23 Augustus op die Pecanwood Gholfbaan oor 3 rondtes gespeel en is deur Golf RSA aangebied. Spelers van regoor Suid-Afrika het deelgeneem.

Stefan Jacobs wen gholftoernooi Read More »

Affie-lemnaeler in Tokio

 
Sterkte aan Ntando Mahlangu wat op 19 Augustus na Tokio vertrek het om aan sy tweede Paralimpiese Spele deel te neem.

Hy was reeds as veertienjarige in Rio de Janeiro op die podium en hoop om dié prestasie vanjaar te herhaal of selfs te verbeter.

Ntando neem aan die verspring sowel as die 200 m deel. Affies sien met groot verwagting na sy vertonings uit.
 

Affie-lemnaeler in Tokio Read More »

Twee Affies in SA O/18-toergroep

Baie geluk aan Stian de Bruyn (gr. 12) en Risima Sambo (gr. 11) wat by die SA O/18-toergroep ingesluit is.
Hierdie twee Affies is ook die enigste twee verteenwoordigers van die ganse Blou Bulle-streek in die nasionale groep. Die toergeselskap reis op 31 Julie na Georgië, waar hulle op 4, 7, 11 en 14 Augustus teen die nasionale O/18-span te staan gaan kom.
 

Twee Affies in SA O/18-toergroep Read More »

Woodlands Junior Masters Toernooi

Twee Affie-spanne, bestaande uit ses spelers elk, het tussen 9 en 11 Mei aan die Woodlands Junior Masters Toernooi deelgeneem. Hierdie toernooi is op die Royal Johannesburg & Kensington Gholfbaan oor 3 rondtes gespeel.

18 Spanne van regoor SA het aan die toernooi deelgeneem. In die span-kompetisie eindig die 2de span in die 4de plek. Die eerste spen wen die toernooi vir ‘n derde agtereenvolgende keer.

Op individuele basis het Christiaan Maas (gr. 12) die toernooi met ‘n telling van 18 onder baansyfer, wat ook ‘n nuwe toernooi-rekord is, gewen.

Woodlands Junior Masters Toernooi Read More »