Sport

Interskole teen Paarl Gimnasium

Oor die naweek van 22 tot 24 April het Paarl Ginamsium van die Kaap af gereis om teen Affies kreagte te meet in rugby, hokkie, tennis en gholf.

Hiermee die uitslae: 

TENNIS

Die eerste tennisspan klop Paarl Gimnasium met 7 wedstryde tenoor 2.
GHOLF

Die gholfspan het eerste bloed getrek van die besoekers

Slegs die eerste spanne gespeel, met 6 spelers per span, in putjiespel- (match play) formaat.

Affies wen 6-0.

RUGBY

Dit was ‘n besondere mooi dag op die Plaas, en die Witbulle het die kersie op die koek gesit deur Paarl Gimnasium, in klipharde, spanningsvolle eerste span-wedstryd, met 29-26 te klop!

 
Ander uitslae:

Tiere verloor, 12-38
3des wen, 14-12
4des verloor, 9-24
5des verloor, 0-17
6des wen, 15-10
7des wen, 17-6

16A wen, 20-17
16B verloor, 12-14
16C wen, 14-0

15A wen, 32-15
15B wen, 35-7
15C wen, 40-7
15D wen, 59-0

14A wen, 12-0
14B wen, 18-8
14C wen, 29-0
14D wen, 65-0

HOKKIE

Die eerste span het 1-1 gelykop gespeel teen hul eweknieë van Paarl Gimnasium.

Ander uitslae:

2de span gelykop, 1-1
3de span wen, 3-0

16A wen, 3-1
15A verloor teen 16B, 0-3
16B wen teen 16C, 4-0
16C wen teen 16D, 3-0

14A wen, 5-0
14B wen, 6-1

Interskole teen Paarl Gimnasium Read More »

NoordSuid-Rugbytoernooi

Toeskouers is welkom! Leerlinge met skoolklere het gratis toegang.

Kaartjies vir die NoordSuid-rugbytoernooi kan van vandag af by die volgende skakel gekoop word:

Let wel: Die Laerskole-Toernooi word op die terrein van Pretoria Boys` High aangebied.

Deelnemende hoërskole:

Affies
Glenwood High School
Grey Kollege
Helpmekaar Kollege
Hoër Jongenskool Paarl (Boishaai)
Hoërskool Dr. E.G. Jansen
Hoërskool Durbanville
Hoërskool Garsfontein
Hoër Landbouskool Oakdale
Hoërskool Menlopark
Hoërskool Monument High
Hoërskool Nelspruit
Hoërskool Noordheuwel
Hoërskool Stellenberg
Hoërskool Waterkloof
HTS Drostdy
Paarl Gimnasium
Paul Roos Gimnasium
Pretoria Boys`s High
Welkom Gimnasium

NoordSuid-Rugbytoernooi Read More »

Atletiekspan wen NWU-Superinterhoër

Die atlete het nog genoeg in die tenk gehad vir ‘n laaste interhoër vir die seisoen, en hulle het hom laat tel!

Na ‘n dag waar die weer telkens die deelnemers van die veld verjaag het, het die Affie-span uiteindelik met 33.5 punte die wa deur die drif getrek.

Baie geluk aan al die atlete en hul afrigters!

FINALE PUNTESTAND (seunsafdeling):

Affies, 425
Helpmekaar Kollege, 391.5
Prestige College, 369
Hoërskool Waterkloof, 305.5
Hoërskool Zwartkop, 279
Hoërskool Monument High, 274
Hoërskool Garsfontein, 259
Hoërskool Kempton Park, 241

Atletiekspan wen NWU-Superinterhoër Read More »

Atletiekspan kraai koning by Pilditch

Alhoewel daar geen leerder toekouers was nie het die Affie-atlete nie net op die baan en veld presteer nie, maar ook die skool se gees laat voortleef en hul spanmaats aangemoedig.

Baie dankie aan elke atleet en afrigter vir jul harde werk en dat jul die Affie-vlag weer hoog laat wapper het.

BYEENKOMSUITSLAG:

Trofeë is vir die volgende afdelings verower:

  1. Beste spronge
  2. Beste hekkies
  3. Beste naelope
  4. Beste worpe en
  5. Wenner van die seunskompetisie

 

Uitsonderlike prestasies op die dag:

Naam en Van

Item

Oud

Tyd/Afstand

Jordan Meyer

Gewigstoot

0/15

19.33m

Andru Van Zyl

Diskus

0/15

58.20m

Hencu Lamberts

Gewigstoot

0/16

18.81m

Dieter Schubert

Gewigstoot & Diskus

0/17

17.08m & 54.82m

 

Die volgende seuns verdien vermelding:

Francois Boshoff

0/14

Verspring, 300m Hekkies en 400m

Lucan Kotze

0/14

100m Hekkies

Bjorn Erlank

0/14

800 en 1500m

Wealon Swart

0/14

100 en 200m

Tylo Fisher

0/15

100m Hekkies

Werner Gouws

0/15

400, 800 en 1500m

Iddo van Daalen

0/15

1500m

Regardt Hattingh

0/15

3000m

Divan de Vries

0/16

1500m

Matthew Endrody

0/17

1500 en 3000m

Ian Van Heerden

0/19

1500 en 3000m

Rolf Winterbach

0/19

1500m



Die uitslae was soos volg:

 AFRIKAANS HOËR SEUNSKOOL, 1362

DIE HOëRSKOOL MENLOPARK, 1229

PRESTIGE COLLEGE, 1115

HOëRSKOOL WATERKLOOF, 1085

HOëRSKOOL ZWARTKOP, 1015  

HOëRSKOOL GARSFONTEIN, 966

HOëRSKOOL MONTANA, 784

HOëRSKOOL OOS-MOOT, 759

 

Baie dankie aan mnre. Deale, Bonnema, Maritz, Grimes, Van der Merwe en mee. Raath, Van der Merwe, Pelser vir jul harde werk.

Atletiekspan kraai koning by Pilditch Read More »

Affies wen Sweminterhoër

Die swemspan het op 14 Februarie die seunsafdeling van die Pretoria A-bondinterhoër by die Hillcrest-swembad gewen. Ongelukkig was daar geen toeskouers toegelaat nie.

Baie geluk aan Christiaan Esterhuizen wat as die Junior Victor Ludorum aangewys is.

Duidelik het die naweek se reis na KwaZulu-Natal en die Midmar-myl die span net tot hoër hoogtes aangemoedig.

Finale puntestand:

1. Affies, 395
2. Die Hoërskool Menlopark, 345
3. Pretoria Boys` High, 331
4. Hoërskool Zwartkop, 324
5. Midstream College, 313
6. Hoërskool Garsfontein, 263
7. Cornwall Hill College, 261

Affies wen Sweminterhoër Read More »

Affie-Astro word opgeknap

Die o/19-oefengroep het op 2 Februarie met ‘n vaardigheidsoefening die nuwe oppervlakte van die Affie-Astro ingewy. Die water- en dreineringstelsels is ook verbeter.

Die Astro, wat in 2007 op die perseel van AHMP gebou is, word met die meisieskool gedeel.

Hierdie opknappingswerk is nét betyds afgehandel om te verseker dat die 2022-seisoen op die regte noot begin.

 

Affie-Astro word opgeknap Read More »