Tweede goue medalje vir Ntando

Affies se bekende lemnaeller, Ntando Mahlangu, het nog ‘n goue medalje by die Paralimpiese Spele ingepalm.
 
Ntando het hierdie keer die T61 200m finaal in ‘n tyd van 23.59 sekondes kafgedraf.
 
Die gange en stoepe het weerklink soos die seuns op hul banke geslaan het om hom aan te spoor.
 
Ons is met reg trots op hierdie nederige jong sportman.
Supersport

Tweede goue medalje vir Ntando Read More »

Affies verwelkom mnr. Blake Goosen

Affies verwelkom mnr. Blake Goosen as Hoof van Hokkie in die plek van mnr. Neville Rothmann.
 
Mnr. Goosen was die afgelope vier jaar as Hokkiedirekteur aan Helpmekaar Kollege verbonde. Hy het aan die Universiteit van KwaZulu-Natal as sportwetenskaplike gegradueer.
 
Op skool het hy Westville Boys’ High School op provinsiale vlak in hokkie verteenwoordig en het daarna ook vir die manspan van KZN gespeel.
Hy was die afrigter van die damespan van KZN en rig ook twee damespanne (binnenshuis en veld) van Gauteng-Suid af.
 
Ons wens hom sukses in sy nuwe amp toe.

Affies verwelkom mnr. Blake Goosen Read More »

Ntando wen goud in Tokio

Affie-atleet Ntando Mahlangu het op Saterdag 28 Augustus ‘n nuwe rekord van 7,17 meter  in die Mans T63 verspring by die Paralimpiese Spele in Tokio opgestel.
 
Ntando word gewoonlik met die 200m en 400m-naellope geassosieer, maar het hierdie keer vir hoendervleis gesorg in die verspringput. 
 
Volg hierdie skakel om ‘n video van die sprong op Facebook te sien:
AFP/Thomas Lovelock

Ntando wen goud in Tokio Read More »