Atlete wen seunsafdeling van A-bond- en NWU-PUK-interhoër

A-bondinterhoër

Die atletiekspan se harde werk ter voorbereiding van die A-bondinterhoër het vrugte afgewerp! Na ‘n lang dag in heerlike somersonskyn het die atlete die beker weer huis toe gebring.
 
Finale puntestand: (Seuns)
1. Affies, 1455
2. Die Hoërskool Menlopark, 1230
3. Hoërskool Waterkloof, 1116,5
4. Hoërskool Zwartkop, 1051
5. Hoërskool Montana, 978
6. Midstream College, 965.5
7. Hoërskool Garsfontein, 917
8. Prestige College, 656
Baie geluk manne!

Seuns o/19-aflos

NWU-PUK-interhoër

Die atlete het gister die kroon op ‘n wonderlike seisoen gespan met ‘n eerste plek by die NWU-PUK Interhoër wat op 2 Maart by die Pilditch-stadion aangebied is.

Alhoewel die res van die seuns hul akademiese verpligtinge by die skool moes nakom eerder as om hul stemme op die graswalle dik te maak, het die atlete Affie-Guts gewys en uiteindelik met die louere weggestap.

Finale puntestand (seuns):
1. Affies, 461
2. Helpmekaar Kollege, 380
3. Hoërskool Waterkloof, 344.5
4. Hoërskool Noordheuwel, 326.5
5. Hoërskool Zwartkop, 297
6. Hoërskool Garsfontein, 254.5
7. Hoërskool Kemptonpark, 245.5
8. Prestige College, 228

‘n Spesiale woordjie van erkenning aan Emile Els (o/14), in eerste foto, wat vir sy prestasie in die 800 m en 1 500 m as die Junior Victor Ludorum aangewys word.

Baie geluk aan elke atleet wat hierdie seisoen deelgeneem het.

Atlete wen seunsafdeling van A-bond- en NWU-PUK-interhoër Read More »

Affie-Swemmers kraai koning by Interhoërs

Die A-swemspan het Maandag, 13 Februarie, aan die Pretoria A-interhoër by die Hillcrest-swembad deelgeneem.
‘n Klein bende ondersteuners op die pawiljoen het die manne aangespoor. Die o/16-aflosspan het ‘n byeenkomsrekord verbeter om uiteindelik te verseker dat die eerste plek met Die Hoërskool Menlopark te gedeel word.

Op Dinsdag, 14 Februarie, het Affies as die gasheerskool vir die Pretoria B-interhoër opgetree. Die gala is weer by die Hillcrest-swembad aangebied. Baie geluk aan die B-span, wat by hierdie geleentheid as die wenners uitstaan.

A-Interhoër

Finale puntestand (seuns):

1. Affies, 494
1. Die Hoërskool Menlopark, 494
3. Pretoria Boys` High, 387
4. Midstream College, 384
5. Hoërskool Zwartkops, 327
6. Hoërskool Waterkloof, 264
7. Cornwall Hill College, 249
8. Hoërskool Garsfontein, 229

B-Interhoër

Finale puntestand (seuns):

1. Affies B, 426
2. St. Alban`s B, 405
3. PBHS B, 398
4. Curro Hazeldean, 365
5. Hoërskool Montana, 279
6. Hatfield Christian School, 262
7. Die Hoërskool Menlopark B, 213
8. Tyger Valley College, 188
9. Southdowns College, 159
10. Deutsche Schule Pretoria, 105

Affie-Swemmers kraai koning by Interhoërs Read More »

Affies groet Mnr. Deon Botes

Mnr. Deon Botes, Adjunkhoof vir Openbare Betrekkinge en Sport, het aan die einde van verlede jaar ‘n pos as Hoof van Krieket by Paul Roos Gimnasium aanvaar. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement het sy aanstelling pas bekragtig. Die Botes-gesin het hulle intussen in Stellenbosch hervestig. Sy eggenote, dr. Marietjie Botes, het ‘n aanstelling by die universiteit van Stellenbosch se Sentrum vir Mediese Etiek en Reg gekry. Hulle oudste, Janco, (oud-Affie, 2022) is ‘n eerstejaarstudent in Internasionale Studies by US. Hulle jongste, Nicolai, is vanjaar in graad 10 en sit sy skoolloopbaan by Paul Roos voort.
Affies bedank hom vir 25 jaar se voortreflike diens aan die skool.

Mnr. Botes het sedert 1998 hoofsaaklik Ekonomie onderrig. In hierdie tyd was hy voog vir die graad 8’s en het as hoof van die Departement Ekonomiese en Bestuurswetenskappe gedien.

In 2011 is hy deur die beheerliggaam tot Adjunkhoof vir Openbare Betrekkinge bevorder en sedert 2017 was hy ook die sporthoof van die skool. Hy was 20 jaar lank afrigter van die eerste krieketspan en die stukrag agter die sukses van Affie-krieket. Hy het dié sportsoort verder as afrigter en keurder op nasionale vlak gedien. Hy was ook vir baie jare as rugbybreier langs die sportveld.

Mnr. Deon Botes
By AHS van 1998 tot 2023

As Adjunkhoof vir Openbare Betrekkinge het hy in ‘n baie gemaklike en vloeiende styl talle deurdagte aanbiedinge gelewer. Dit het deurgaans ‘n baie positiewe indruk van AHS geskep.

Mnr. Botes sal veral onthou word vir die wyse waarop hy die seuns se belange op die hart gedra het.
Affies wens mnr. Botes baie geluk met sy nuwe aanstelling. Ons beste wense vergesel hom in sy nuwe pos.

Op ‘n latere stadium sal die skool op ‘n gepaste wyse van hom afskeid neem.

Affies groet Mnr. Deon Botes Read More »

Nuwe geboue ingewy

Die 2022-bouprojek is op 26 Januarie formeel afgesluit met die inwyding van die nuwe anneks van die ingangsportaal en 1920 (kafeteria) op die vooraand van die skool se verjaarsdag.

By hierdie funksie het die hoof, mnr. Peregrine Joynt, donateurs en betrokkenes by die bouprojek bedank.

Die voormalige skoolhoof, dr. Pierre Edwards, en sy eggenote, me. Aryna Edwards het die gedenksteen van die nuwe anneks onthul. Die projek om ‘n toevoeging tot die skool se kafeteria en rekenaarlaboratoria te bou is reeds onder sy hoofskap beplan, maar kon eers in 2022 die lig sien.

Die nuwe klasse wat oor die sportvelde uitkyk is ook met die knip van ‘n rooi lint deur die skool se Adjunkhoof van Akademie, me. Elmarie van Loggerenberg, ingewy.

Daar is ook ‘n pragtige boekie saamgestel wat agtergrond oor die skool se bou-geskiedenis aan die gaste gegee het.

Nuwe geboue ingewy Read More »

Matriekuitslae, 2022

‘n Hartlike woord van gelukwensing aan die matrieks van 2022 en hulle onderwysers met die voortreflike uitslae.

Die groep van 235 kandidate het ‘n 100%-slaagsyfer behaal. 92,3% (217) het universiteitstoelating verwerf en die ander 18 kandidate kwalifiseer vir diplomastudies.

Die Affie-kandidate het saam 478 A-simbole behaal – dus twee per kandidaat. Die gemiddelde persentasie per kandidaat (alle leerlinge en alle vakke ingesluit) is 70,5%.

Affies se kandidaat wat die meeste onderskeidings behaal het, is Carel Olivier met nege A’s. Ses 2022-matrieks het met agt onderskeidings geslaag. Hulle is Joshuan du Toit, Mikael Köhler, Markus Nel, Marx Nel, Gerno Strydom en Ryan Sutherland.

Daar was 12 kandidate wat met sewe onderskeidings geslaag het en 13 met ses.

Sewe Onderskeidings

Wernich Barkhuizen
Waldo Brewis
Gordon de Beer
Adrian Fourie 
Morné Greyling 
Heinrich Immelman 
Gustav Maritz 
Luan Pretorius 
Ethan Schlebusch 
Nicus van Heerden 
Hein van Rooy 
Mikael Wiese

Ses Onderskeidings

Marco Arndt
Luke Dreyer  
Kieron du Plessis
Dian du Toit
Dewet Groenewald  
Stéhan Heymans  
Xander Leeb  
Ulrich van der Merwe  
Simon van der Merwe  
Adriaan van Niekerk
Sebastian van Schoor
Gerhard van Wyk
Ben van Zyl

Matriekuitslae, 2022 Read More »