Koshuis wen interhuis atletiek

Vrydag, 14 Januarie, se interhuis was een om te onthou!  Reeds voor skool kon ’n mens sien hier kom ’n ding toe almal in groot gees opgedaag het en reeds vroeg begin sing en geesvang het. Die Koedoes en Hartebeeste het ook vir die eerste keer in jare ’n ou tradisie laat voortleef met hulle nuwe spoggerige groen en rooi hemde. Die gees het hoog geloop en die opwinding was tasbaar.

Hierde interhuis was vir seker uniek – nog nooit het die leerders so hard en so lank gesing en geskree en hulle spanne ondersteun nie. Selfs op die atletiekveld was almal baie gretig om deel te neem om hulle spanne te verteenwoordig.  Daar was ’n rekordgetal deelname.

Dankie aan elke personeellid, atleet en ondersteuner wat hierdie dag onvergeetlik gemaak het! 

Item

Naam

Oud.

Item

Huis

Tyd/Afstand

ABSA-Punt

Beste Naelope

Marx Nel

16

400 m

Kd

52.19 sek

740

Beste Spronge

Armand Duffy

14

Hoogspring

Kh

1.83 m

790

Beste Middelafstansde

Werner Gouws

15

800 m

kd

1 min 59.48 sek

758

Beste Hekkies

Tylo Fisher

16

100 m H

Kh

14.80 sek

742

Beste Worpe

Jordan Meyer

14

Gewigstoot

Kd

17.51

949

Beste veld(2 items)

Dieter Schubert

15

Diskus & Gewigstoot

KD

55.55 & 16.99

924 & 900

Beste baan(2 items)

Werner Gouws

16

800m & 400m

Kd

1 min 59.48 sek

758 & 735

Junior Victor Ludorum           (3 Items)

Werner Gouws

14

800m, 400m & 1500m

Kh

1 min 59.48 sek. 54.18 sek & 4 min 34.85 sek

758,738 & 711

Senior Victor Ludorum           (3 Items)

Dieter Schubert

17

Diskus, Gewigstoot & Spiesgooi

Kh

55.55m, 16.99 & 53.28m

924,900 & 696

Koshuis wen interhuis atletiek Read More »

Affie-gholfdag

Op 10 November 2021 bied die skool sy jaarlikse gholfdag by die Woodhill Buiteklub aan.

Daar is ‘n haelgeweerbegin om 11:00. Die kompetisieformaat is Beterbal “Stableford”.

Inskrywingsfooie en borgskappe

4-bal-inskrywing                              R5 500 (sluit twee gholfkarretjies in)

Borg van ‘n putjie                            R2 000 – 5 000 (slegs putjie en sluit nie ‘n 4-bal in nie)

Oefensetperk x 2                            R7 000 elk

Registrasie-area en-tafel               R5 000

Hoofborg                                          R30 000 (sluit ‘n 4-bal in)

Funksieborg                                     R30 000 (sluit ‘n 4-bal in)

Halfweghuisborg                             R15 000 (sluit ‘n 4-bal in)

Gholfhanddoeke                             R15 000

Versekering vir ‘Hole in one’         Moet bevestig word

Skenkings/donasies:                      

Koopbewyse, kruiwaens en wyn/drank vir kruiwa, pakette vir jag, naweke en  gholf, veilingsitems, vleisskenkings, kortgatpryse, langstebofhoupryse, prystrekkingpryse, ens.

Funksiedrag:  Op die plaas (Khaki-broek en wit hemp)

Kontakbesonderhede van organiseerders

Estelle Matthee                      083 321 4714             estelle.matthee@affies.co.za

Edmund Taljard                      072 7241 072             alumni@oudaffiebond.co.za

Cobus Coetzee                      079 515 1119             cobus.coetzee@affies.co.za

Des Jurgens                           082 447 6667             des@leohaese.co.za

Affie-gholfdag Read More »

Conspirito-debatskompetisie

In die eerste jaar van die Conspirito-debatskompetisie het Affies twee podiumplekke in die finale ronde van dié kompetisie behaal.
Jacques Ferreira en Neil Grobbelaar het as wenners van die junior afdeling uit die stryd getree, tewyl Naudé Lourens en Stephan Ehlers die naaswenners van die senior afdeling was. Die junior span van Dian Dreyer en Pieter Wiese het ook na die finaal deurgedring.
 
Jacques Ferreira, Neil Grobbelaar, Naudé Lourens en Stephan Ehlers

Conspirito-debatskompetisie Read More »

Nuwe bouprojekte vir 2022

Ten einde Affies  se onderrigfasiliteite vérder te verbeter, neem bouwerk aan 14 nuwe klaskamers in 2022 ‘n aanvang.  

Die nuwe gebou word op die oostelike wal van die B- en C-rugbyveld opgerig en vervang die vyf tydelike klasse wat in die jare negentig noodgedwonge opgerig moes word, nadat die skool se oorskakeling na Model C ‘n ongekende groei in leerlingtal tot gevolg gehad het.

Die argitek, Engela White , ‘n Affie-ouer, het haar inspirasie hoofsaaklik geput uit elemente van die Joubert-huis  waarin die Afrikaanse Hoërskool, die moederskool van die Afrikaanse Hoër Seunskool en die Afrikaanse Hoër Meisieskool, in 1920 die lig gesien het.

Nuwe bouprojekte vir 2022 Read More »